Wildbewaarders moes ‘n groot trop buffels uit die Zimbabwiese toeristedorpie, Victoria Falls verjaag, het RSG berig.
Plaaslike inwoners sê die buffels is deur ‘n trop leeus in die dorp ingejaag.
Die buffels het skuiling naby een van die hotelle in die middel van die dorp gesoek.
Inwoners op die rand van die dorp kom baie met diere in aanraking, maar gevaarlike diere kom selde tot in die kern van die dorp.