Israel se diplomatieke krisis verdiep

Deel op

Verskeie diplomatieke krisisse het Woensdag saamgevloei om Israel se penarie te verdiep. ‘n Vergadering van die Geneefse Konvensie se ondertekenaars, ‘n beslissing van die EU se Hof van Justisie oor Hamas, ‘n EU-parlementsbesluit om Palestynse volkskap te erken, asook die Palestynse druk met ‘n VN-Veiligheidsraad konsepvoorstel om die Israeliese besetting van die Wesoewer binne twee jaar te beëindig.

Israel het die pogings van die Palestyne om ‘n spertyd in te stel vir die beëindiging van Israel se besetting van die Palestynse gebiede as ‘n slenter veroordeel.

Jordanië het die beskrywingspunt amptelik by die VN se Veiligheidsraad namens die Palestyne ingedien.

Dit maak ook voorsiening vir ‘n skietstilstand binne ‘n jaar. Die VSA het reeds aangedui dat hulle nie die beskrywingspunt sal steun nie, maar ontleders meen Israel is op dun ys nadat president Obama intussen aangekondig het dat bande met Kuba herstel sal word.

Die diplomatieke tsoenami wat teen Israel opbou, is deur die voormalige minister van verdediging, Ehud Barak ‘n paar jaar gelede voorspel.

Sedertdien het Israel se internasionale aansien bly taan.

Premier Benjamin Netanyahu se diplomatieke prestasie tydens sy ses jaar word nou ook deur voornemende kiesers veroordeel.

Die meerderheid kiesers wil nie hê hy moet aanbly as premier nie, maar gegewe die afstand en verskille tussen Israel se binnelandse en buitelandse probleme, is daar nie veel kandidate wat die eerste minister se pos wil hê nie.

Die voortsetting van konstruksie in Joodse nedersettings, die behoud van die status quo in die Wesoewer en Gasa, die onwilligheid om ‘n ernstige vredesplan te implementeer en die versuim om die internasionale gemeenskap se ondersteuning te verkry, plaas Israel in ‘n minderwaardige strategiese posisie.

Netanyahu demonstreer ongelukkig dat hy Europa hoegenaamd nie begryp nie. Sy benadering tot die diplomatieke krisis met Frankryk, Brittanje, Duitsland en ander is eenvoudig.

Hy glo Europa word gemotiveer deur Europese leiers se gretigheid om die stemme van die groeiende Moslem-minderheid in te palm deur die bevordering van ‘n pro-Palestynse agenda, terwyl Europese politici presies só ‘n verwikkeling van stemblokke wil vermy.

Daarbenewens, is hy oortuig dat Europa se houding teenoor Israel gebaseer is op diepliggende anti-Semitiese sentimente, wat hom tot histeriese uitbarstings teen Christene aanspoor.

Tuis wil sy kiesers hê hy moet sterk staan teen Hamas, maar Netanyahu verkies eerder om sterk teen Europa te bly uitvaar.

Om regse kiesers se negatiewe gevoelens teen die Franse, die Belge of die Iere aan te wakker, stof hy gereeld die Holocaust af.

En terwyl Europa op die ergste wyse beledig word, kan Netanyahu nie genoeg doen om sy vriendskap en lofprysinge aan die Verenigde State van Amerika op te dra nie.

Meer as 80% van die wêreld se Joodse gemeenskap woon in die VSA en nie in Israel nie, ongetwyfeld een rede vir die Israelse premier se houding.

Hy glo sy Republikeinse bondgenote in die Kongres, AIPAC en die verskillende Joodse organisasies, sowel President Obama se laaste twee jaar sal die voortgesette Amerikaanse veto in die Veiligheidsraad van die VN verseker.

Obama se dramatiese aankondiging Woensdag oor die hernuwing van diplomatieke betrekkinge met Kuba na meer as 50 jaar moet egter as ‘n waarskuwing vir Netanyahu dien dat sy ontleding verkeerd is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.