Bloed aan Carina de Vries Papenfus se hande

Een ding wat my telkens opval van die vyandigheid teenoor Afrikaners en Boere wat deesdae hoogty in Suid-Afrika vier, is dat dit juis nié swartmense is wat ons so vyandiggesind is nie. President Zuma het byvoorbeeld op Geloftedag, tydens die opening van ‘n brug naby Bloedrivier, gepraat van hoe daar ‘n brug tussen die Boere en die Zoeloes behoort tewees. Al te dikwels is dit egter blankes wat vyandig en kwaadwillig teen hul medeblankes optree.

delport_manfred_600Hiervan is daar geen beter voorbeeld as die onsmaaklike petalje rondom die sogenaamde aanval op die plaaswerker, Flippie Engelbrecht, nie. Engelbrecht is na bewering deur twee blankes (hoe dan anders, sou die linkses sê?) op ‘n plaas aangerand en het in die proses na bewering breinskade opgedoen, wat gelei het daartoe dat hy sy arms verloor het toe hy in ‘n vuur geval het. Die hele storie is egter snert. Engelbrecht het reeds vóór die beweerde aanval aan epilepsie gelei, en die vermeende aanval het dus beslis nie gelei tot die verlies van sy arms nie.

Helaas, en hoe sal ek dit nou stel, kom mnr Engelbrecht ietwat arm van gees voor tydens die TV-onderhoude met hom wat ek al gesien het. Sy getuienis is dus nie van te veel waarde nie. Dit is daarom na my mening hoogs twyfelagtig of mnr Engelbrecht vanself ‘n haatveldtog teen die twee blanke beskuldigdes in dié saak, Wilhelm Treurnicht en Johnny Burger, sou kon of selfs wou voer. Iemand het hom bearbei. Iemand het hom aangehits. Dat daar dus wel ‘n haatveldtog van stapel gestuur is teen die twee beskuldigdes, met kwade bedoelings, ly min twyfel. Die persoon wat dié veldtog gevoer het, was egter nie ‘n bruinmens soos mnr Engelbrecht nie.

Nee, sy was ‘n blanke. ‘n Blanke vrou. Haar naam is Carina de Vries Papenfus. Let op: Weer eens ‘n blanke wat haar eie volk verraai het en kwaadwillig opgetree het teenoor haar eie mense.

Me Papenfus is wat eufemisties bekend staan as ‘n kleurryke figuur. Sy is ‘n voormalige prokureur, wat van die rol geskrap is agv twyfelagtige eiendomstransaksies. Me Papenfus beweer egter die skrapping het plaasgevind omdat sy aan depressie gely het. Haar krediteure huldig egter ‘n heel ander mening as sy oor hierdie verdagte transaksies, wat na bewering bedrog en misdaad aan haar kant mag insluit.

Sy het vanuit Kemptonpark gevlug na Hermanus, moontlik omdat die wêreld in Kemptonpark vir haar te warm geword het. Wie weet – miskien het haar skuldeisers iemand soos Mike Bolhuis gehuur om hul geld by haar te probeer verhaal dmv ‘n paar gebreekte ledemate. Nou goed, as jy jou na die Kaap gehaas het, jy is bankrot en jou loopbaan is aan flarde, na wie wend jy jou? Watter organisasie verwelkom vermeende misdadigers, met ope arms? (Nee, nie net die agterlike academici op Stalinbos nie!) Dis natuurlik die ANC, en hul meelopers wat op die wa van boere- en Boerehaat ry; idiote soos Marius Fransman en Nosey Pieterse.

So gesê, so gedaan. Me Papenfus stig toe ‘n organisasie bekend as The Freedom Trust, met slegs een doel voor oë: Om met die ANC te heul en blanke boere uit te verkoop, tot geldelike gewin van Papenfus. Interessant genoeg was die einste Papenfus terloops ook voor in die koor van gestremdes wat so op Facebook te velde getrek het teen Sunette Bridges se Rooi Oktober-veldtog, saam met die res van haar spul ingeteelde trawante op Skelmbos. Kyk hoe verbaas is ons almal nou oor die swak karakters van die individue wat so geskree het oor Rooi Oktober….

Dit is uiteraard totaal onwettig vir ‘n prokureur wat van die rol geskrap is, om hom- of haarself as enige iemand se regsverteenwoordiger voor te doen, maar nietemin het me Papenfus presies so gemaak in die geval van Flippie Engelbrecht. In ‘n walglike daad van hoogverraad teen haar eie volk, en met voorbedagte mala fides teenoor blanke boere, het sy Engelbrecht aangehits om klagtes van aanranding te lê teen menere Treurnicht en Burger. Sodoende het sy ook onmeetbare skade aangerig aan die voorheen goeie verhoudinge tussen boere en hul arbeiders, asook rasseverhoudings oor die algemeen. Haar kwaadwillige, agterbakse, oneerlike optrede het rampspoedige gevolge gehad.

Mnr Burger het tragies selfmoord gepleeg in 2013, omdat hy nie meer die spanning kon hanteer nie.

Sy medebeskuldigde, mnr Treurnicht, is egter vandag onskuldig bevind aan die aanval op mnr Engelbrecht. Uiteraard het dit ook derduisende aan regskostes en spanning gekos vir mnr Treurnicht.

Een onskuldige persoon is dus dood agv Papenfus se toedoen. Een onskuldige persoon se lewe is ernstig ontspoor deur die walglike optrede van die beweerder-bedriegster, Carina de Vries Papenfus. Na my mening behoort Papenfus deur mnr Burger en mnr Treurnicht se naasbestaandes aangekla te word van verskeie misdade, onder andere haar onwettige voordoenery as Engelbrecht se regsverteenwoordiger, haar kwaadwillige vervolging van onskuldiges en die dwarsboming van die gereg. Sy het immers vir eie gewin ‘n kwaadwillige vervolging aangehits. Dit sal waarskynlik geen doel dien om haar siviel te probeer vervolg nie, aangesien haar krediteure betreffende haar uiters verdagte eiendomstransaksies haar waarskynlik ook reeds probeer dagvaar.

Ek weet nie wie my meer walg nie – tipes soos Robert McBride of die brein agter die Kerkstraatbom, Aboobaker Ismael – of kwaadwillige verraaiers soos Carina de Vries Papenfus nie. McBride en Ismael kan miskien nog die verweer opper dat hulle nie Boere of Afrikaners is nie. Ek kan nie aan enige moontlike verweer vir Papenfus dink nie.

Een ding is egter seker: Die walglike McBride, Ismael en Papenfus het almal die bloed van onskuldige mense aan hul hande. In laasgenoemde se geval is dit nie net bloed aan haar hande nie, maar ook verraad.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Was er niet naast ‘depressiviteit’ nog een ernstige afwijking duidend op gevaarlijke geestesziekte geconstateerd die het psychiatrisch handelen kan verklaren ?

    In hoeverre is zij onder druk gezet en gezet kunnen worden door de anc sakp schurken zodat van trekkracht en duwkracht resulterend in de dood van een onschuldig mens heeft kunnen komen

    Waar blijft in Godsnaam de staat als aanklager in het de dood injagen van wijlen de heer Burger wart hier als ‘Zelfmoord’ wordt afgedaan ?

    • Johan

      Hans, as ‘n Afrikaner sleg geword het tot die mate wat hier tersprake is, is hulle wit k****rs, slegter as die slegte swart ………………

      • Kaylee van Yken

        Ek probeer weer – Johan, ek stem ten volle saam met jou. Wees ook meer op jou hoede vir ‘n wit verraaier as die anderskleuriges. Carina het nie die mentaliteit van ‘n straatkat nie.

        • Johan

          He he he, mentaliteit van ‘n straatkat!
          Sal die een onthou.

        • Dawie Barnard

          A nee a, straatkatte het die integriteit om ‘n bestaan vir hulself te probeer uitkrap. Papenfus en kie is soos luise op’n bees, suig bloed, ry saam en doen net skade. Blankes wat skaam is vir hulle etnisiteit is soos hulle se “white trash”

  • Naand Manfred,
    toe ek hierdie uitspraak hoor het ek ook tot dieselfde slotsom gekom as jy. Dankie dat jy dit nou so lekker hier op Praag saamvat.
    Ek onthou so goed, n paar maande gelede het Papenfus haar van hierdie saak onttrek. Ek het toe reeds gesê, sy weet sy het haar hand hier oorspeel, en nou kan sy nie die kastaaings uit die vuur krap nie. Ek onthou nog hoe het sy die man (Engelbrecht) gekoester en vertroetel, en as ek dit nie mis het nie sou iemand ook vir Engelbrecht prostese vir sy arms gemaak het. Wat het daarvan geword.
    Neewat sy het gedink sy gaan ‘n pot goud hier inpalm, en toe word alles suur, en toe vat sy die pad.
    Sy is indirek verantwoordelik vir Burger se selfmoord.

  • Kaylee van Yken

    Die meer ek oor haar lees, en die feit dat sy die oorsaak was dat Mnr Burger sy eie lewe geneem het, die meer walg sy my. Sy het geen greintjie respek vir haarself nie. Mag haar dag van afrekening spoedig nader kom. Iemand het eendag my meegedeel dat selfs haar dogter haar skaam vir haar ma.

    • Snuf in die mou

      Daar is hontot bloed in haar. Haar gelaat straal dit duidelik uit. (Nie dat ek daarmee enige adderlike Libtert verbaster nie.)

      • Snuf in die mou

        NS By gesê – haar naels wys dat sy aan ‘n hartsiekte ly… Google maar. 😉

  • Riaan Slabbert

    Kan iemand my help om by haar uit te kom? Ek ken n paar bravos met vigs wat haar heerlik sal besig hou….

    • Kaylee van Yken

      Verskoon my onkunde, hoekom “bravo’s” – moet dit nie eerder “kilo’s” wees nie (grap net).

  • Sjert

    Die armsalige me Fapenpus,
    Foeitog, wat ‘n patetiese trut is die arme siel!

    • Kaylee van Yken

      Na aanleiding van die “plotrot” – sien aangeheg.

      • Sjert

        Jip
        Fapenpus van Hermanus en die plotrot van Binnounie het een ding in gemeen.
        Beide lieg soos sêkkindhand kar smouse wanneer hulle hul familie geskiedenis en ander verdigsels aan die goedgelowige massa’s smous.

      • jan

        Mooie Theron is ‘n tragiese slagoffer van gesinsgeweld.

        Haar moeder het haar vader doodgeskiet en klou nog soos ‘n neet aan Doggie daar is Amerika. Voortgesette disfunksionele huwelik…

        Miskien aard sy na haar Moeder Isebel die heks?

        Sy het ‘n ‘ fasade van funsionaliteit ‘ soos die vingertaaltolk [ek is mal oor hierdie mode beskrywing]

        Vir my is Theron egter ‘n groter tragedie van mishandeling as die arme Engelbrecht outjie …

        Maar sy het ‘n keuse waarmee sy sal saamleef en die prys betaal.

        • Riempies

          Nee wat Jan Charlene se doen en late kan werklik nie aan die
          Afrikaner gekoppel word as riglyn vir Afrikaner disintegrasie nie. Sy sal haar
          wat verbeel.

          Haar doen en late kan eerder aan selfgesentreerde mammon aanbidding
          as prioriteit gekoppel word. Malema lag vir haar 250 duisend dollar bydra (na hy gese het hy wil dit nie he nie) asook die swartkind wat sy aangeneem het, swyg die ANC soos die graf.

          Wanneer laaste het sy n rolrent gemaak? Dit se alles hoe haar dislojale besluite haar aan die hakskeen gebyt het.

          • jan

            Stem saam ja –
            ek verwys na die Afrikaner se rekord gesinsgeweld en gesinsmoorde van die dekades al wat net al erger word en .waarvan sy ‘n tipiee voorbeeld is.
            Dis die gevolg van die mees gesofistikeerde multimedia Psy-ops in die geskiedenis.En die mees suksesvolle daarby.
            Nogtans het sy die keuse om mee saam te leef en te sterf…
            Aan die vrugte sal die boom geken word.

  • Ek ruik ‘n Liberale adder

    Jy moet minder steroids snuif en meer begin dink. Dis mense soos jy wat die barbaarse sotte wat ons Volk uitmoor wys hoe om diefwering af te saag: “wag laat oubaas jou wys hoe om dit te doen”…

    Ons word by die duisende vermoor en jy is in rou omdat ons nie hul pote lek nie? Kom by ou! Jou roes slaan deur.

  • Snuf in die mou

    Presies my waarneming. Bloed is dikker as water… Sy hou dalk haar groot-oupagrootjie vas…

  • jan

    Op my ouderdom weet ons van die kultuur van verraad wat sedert Dr Verwoerd se moord gekoester en gekweek word en waarmee sakke vol geld gemaak word deur Naspers .

    Dit is ‘n ‘free for all’ Almal klim nou in.= Boeresports. Polimiekstotery het dodelike afmetings aangeneem met opswepery deur die pers.’ Kill the farmer kill the boer.’ / Vervolg die Christene Dis die mode soos klapmusse en dolke. Ons is die land met 2 maal meer geweldsmisdade as die 2de-plekvatter. .26000 moorde per jaar teenoor 180 per jaar in Verwoerd se tyd met .martelmoorde ongekend in die wêreld. Gesinsmoorde. Nou is dit so primitief soos dromme en swaarde – satanisme van kinders wat die ou mense afmaai.

    ‘n Vooraanstaande hoogleeraar het emosioneel verklaar dat hy glo dat ‘God die dolk in Tsafendas se hande geplaas het.’
    Juslaaaaaik – absoluut afgryslik diabolies.

    Meningsvorming is die sakemodel van Naspers – geratte sindikasie met volksmoord en misdaad.. Hoe erger hoe beter hge meer mense lees en koop die moedertaal- gruwelnuus. Soos ‘n selfvernietigende psigose.

    Naspers is 100 jaar oud waarvan die laaste 50 jaar die goudstandaard van IT floreering op chaos is.

    Ek let op dat die eerste betrokke kommentaar onder die betrokke Netwerk24 artikel die vraag is wat sou die stigters Here XVII van die wonderlike gedagte van ‘n afrikaanse pers sou dink van wat ons vandag het. Hmm ?l Ook hier op Praag was dit erg sigbaar.
    ‘n Kultuur van verraad en rugstekery tot die uiterste.
    Dis juis ook Jopie Fourie se 100ste verjaardag – gedood deur Louis Botha die Vrymesselaar.

    Kan dit erger gaan of is dit maar net die begin van die smarte?

    Weet ons wat ons doen / waarmee ons besig is?

    • Riempies

      Jan as niks anders die Afrikaners se oë oopgemaak het nie is dit die swart op wit moorde wat nou begin kop uit steek in die Kaap (WesKaap). Die Afrikaners is nou op vakansie en
      ontspanne en nie gekonfronteer met die aandag afleier van die daaglikse gespartel om finansieel te oorleef nie – hulle neem die moorde skielik in op n ander vlak. Iemand het geskok gesê maar hierdie moorde is nou op nasionalevlak in die land.

  • Gis

    Google is ‘n wonderlike snuffelhond. Weet Praag van die brief aan Joost van der Westhuizen?

    http://www.2oceansvibe.com/2013/09/06/flippies-spokesperson-accused-of-lying-to-bolster-case-against-rietvalleis-johnny-burger/

    Van die kommentaar daar is kru maar, eintlik skreeusnaaks/spitsvondig…

    Van Praag: http://praag.co.za/?p=17527

    Laaste foto… Kyk die glimlag, nou kan hy weer steel – of dit vir skrootmetaal verkoop… (Goeie voorbeeld van pêrels voor die varke gooi…)

  • Lee-Ann

    Lyk vir my jy het ‘n erge obsessie met Steve en Sunette want dit is nie die eerste keer wat jy hulle beskuldig van rasse-haat en spanning aanjaag nie.

    Moenie teen ons eie mense kwaadpraat wat wel iets doen vir die Blankes nie.

    Jou gedagtes oor die uitsprake / haatspraak van Julius en Zuma en andere sal waardeer word.

    • Rifrug
      • Lee-Ann

        Jy is reg.

      • Kaylee van Yken

        Ek sien nou eers die raak volgens jou skakel – “… leermeester van so ‘n eng denkende mens … ”

        Ek kies om jou te antwoord en nie IM nie :

        Liewe RR, baie dankie dat ek oor ‘n tydperk soveel by jou geleer het, en steeds leer. Jy is my leermeester en GEENSINS ‘n “eng denkdende mens” soos beweer word nie.

        • Kaylee van Yken

          Sien nou eers ek het ‘n tikfoutjie gemaak.