Brandstofpryse kan skerp daal

Deel op

Motoriste kan volgende maand ‘n rekorddaling in brandstofpryse verwag weens internasionale oliepryse wat skerp gedaal het, het die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag gesê.

“Dit is ondanks ‘n geleidelike verswakking van die rand-dollar-wisselkoers oor die afgelope twee weke,” het die AA luidens ‘n verklaring gesê.

Na verwagting sal petrol met tussen R1,05 en R1,07 per liter daal terwyl die groothandelprys van diesel met 88c per liter goedkoper sal word.

Dié voorspelling kom nadat die Sentrale Energiefonds sy ongeouditeerde mid-Desember brandstofprysdata bekend gemaak het.

Volgens die AA is die werklike syfer moeilik om te voorspel aangesien ru-oliepryse afwaarts neig, terwyl die Rand ook teenoor die Amerikaanse dollar verswak.

Die prys wat motoriste by die pompe betaal teen die einde van die maand kan dus tot onder R12 per liter daal, meen die AA.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.