Gaye Derby-Lewis waarsku SAKP oor samesweringsteorie

Deel op

Clive Derby-Lewis se vrou, Gaye, het die SAKP en Chris Hani se weduwee gewaarsku teen bewerings van ‘n wyer sameswering oor Hani se moord in ‘n ope brief aan die party.

Die SAKP en Limpho Hani sal na verwagting op 9 Januarie voorleggings aan die minister van justisie, Michael Masutha maak.

Hulle moet redes gee oor waarom Derby-Lewis nie op mediese parool vrygelaat moet word nie. Hani se weduwee en die SAKP het in die verlede volgehou dat Derby-Lewis nie die volle waarheid oor Hani se moord onthul het nie.

Die SAKP-leier is in April 1993 voor sy huis in Boksburg deur die Poolse immigrant, Janusz Walus doodgeskiet sonder Derby-Lewis se medewete.

Derby-Lewis is daarna regshulp aangebied wat sy saak belemmer het deur aan te dring dat hy nie getuig oor sy onskuld nie.

Dit het later geblyk dat getuies met die dood gedreig is om valse getuienis teen Derby-Lewis te versin wat hy nie kon weerlê nie omdat hy aangeraai is om nie te getuig nie.

Die hof het Masutha opdrag gegee om voor 31 Januarie oor Derby-Lewis se mediese parool te besluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.