Zille wil nie in ‘n wit buurt woon nie

Deel op

Helen Zille, 63, premier van die Wes-Kaap en leier van die DA, se tuiste moet Leeuwenhof, die premier se woning in Oranjezicht, wees.

“Maar gewoonlik ons leef in Rosebank,” het Zille aan timeslive gesê. Rosebank is ‘n voorstad van Kaapstad.

Sy en haar man noem die premierswoning “Nkandla Lite”.

Sy is egter nie gelukkig in die “lite” weergawe nie, en sê sy verkies om nie tussen net blankes alleen te woon nie, maar in ‘n rasgemengde buurt.

“Ek en Johann het verkies om in Rosebank te leef, want ons dekades gelede ‘n besluit geneem, om nooit in ‘n gesegregeerde gebied te woon nie. Ons is in die deel van Rosebank net onder die universiteit wat nog altyd heeltemal [ras]geïntegreer was. My seun is daar met ‘n paar huismaats en sy Rottweiler, Kaiser.”

Zille gaan voort om te beskryf hoe haar woning in chaos verkeer weens haar haar gebrek aan orde as sy werk. Sy haat dit glo om huis aan die kant te maak.

Oor haar spesiale plek waar sy ontspan, sê sy: “As ek jou vertel waar my geheime wegkruipplek is, sal dit nie meer ‘n geheim wees nie. Mense sal my kry om te kla oor die slaggate of die straatligte wat buite werking is.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.