Indië veroordeel terreuraanval in Pakistan

Deel op

Indië se premier Narendra Modi, sê die land treur oor die slagoffers van ‘n dodelike terroriste-aanval op ‘n skool in Peshawar, Pakistan, waarin meer as 140 mense, insluitend kinders, gedood is.

Modi, sê die land rou oor die dood van 132 kinders en nege volwassenes, wat deur Taliban-militante Dinsdag vermoor is.

“In die nasleep van duistere aanval in Pakistan, ek doen ‘n beroep op skole in Indië om 2 min stilte môre te hou as ‘n gebaar van solidariteit,” het Modi getwiet.

Modi het sy medelye oorgedra aan Pakistanise  premier Nawaz Sharif in ‘n telefoongesprek. “Indië staan stewig by Pakistan in die stryd teen terreur,” het Modi getwiet, en bygevoeg dat sy land enige hulp soos nodig sal voorsien. Hy het verwys na die skoolslagting as “‘n sinnelose daad van onuitspreeklike wreedheid.”

Hy het ook die terroriste-aanval in Sydney, Australië veroordeel.

Die Pakistanse Taliban poog om ‘n kalifaat in die gebied te vestig onder hul beheer in die noordweste van Pakistan.

Drie dae van rou het begin in Pakistan. Sommige van die slagoffers van die aanval, wat wêreldwyd veroordeel is, is Dinsdag begrawe. Die res sal na verwagting Woensdag ter aarde bestel word, volgens AFP.

Intussen het die Suid-Afrikaanse regering die Taliban-aanval as onmenslik en barbaars bestempel.

Die woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Clayson Monyela het die aanval skerp veroordeel. Hy sê doelbewuste aanvalle op skole kom neer op misdade teen die mensdom.

Monyela sê Suid-Afrika sal voortgaan om pogings te ondersteun om terrorisme te voorkom. Al ses aanvallers is deur Pakistaanse veiligheidsmagte doodgeskiet.

Die Afgaanse Taliban het intussen die aanval deur die Pakistaanse Taliban veroordeel. Die groep sê die doelbewuste moord op onskuldige mense, kinders en vroue druis in teen die beginsel van Islam wat deur elke Islamitiese party of regering toegepas moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.