Australiese premier tob dat gyselnemer nie terreurlys haal

Die Australiese premier, Tony Abbott het dit bevraagteken dat die man wat verantwoordelik was vir Maandag se gyselaarsdrama in Sydney, se naam nie op die land se terreurlys was nie.

Abbot sê hy wil ook weet hoe Monis, wat op borgtog uit was, daarin geslaag het om ‘n wapen te bekom.

Hy sê die drama is die land se eerste kennismaking met terreur in meer as 35 jaar.

Australiese veiligheidsmagte het in die nag van Maandag na Dinsdag die sestienuur-lange gyselaarsdrama in Sydney beëindig deur die kafee binne te val.

Drie mense is dood gedurende die ontsetting, waaronder die gyselnemer.

Die polisie het Maandag die dood van die 50-jarige Irannese gyselnemer en asielsoeker Man Haron Monis, ‘n 34-jarige man en ‘n 38-jarige vrou bevestig. Daar is ook vier beseerdes gemeld.

In die kafee is ‘n totaal van sewentien mense gyselaar gehou vir langer as 16 uur. Dit aantal mense was lank onduidelik.

Dit kafee is bestorm toe ‘n aantal gyselaars daarin geslaag het om te ontsnap. Volgens polisiekommissaris Andrew Scipione is daar toe geskiet, waarna die polisie die kafee binnegestorm het.

Scipione wou nie sê hoe die slagoffers dood is nie. Dit is nie duidelik of Haron Monis of die polisie hulle doogeskiet het nie.

Hy het egter gesê dat ”as die agente nie ingegryp het op daardie tydstip nie, sou daar baie meer dooies gewees het”.

Die twee slagoffers, ‘n man en ‘n vrou, is in die hospitaal oorlede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.