Sewe gemeenskapslede wat in hegtenis geneem is in verband met die dood van ‘n vermeende bendelid in die Dan-gemeenskap in Limpopo, verskyn vandag in die Ritavi-landdroshof buite Tzaneen.
Die 18-jarige wat dood is, was na bewering ‘n lid van ‘n groep wat hulleself Boko Haram noem en mense van Nkowankowa en Dan geteister het, het RSG berig.
Twee mense is reeds in skermutselings tussen inwoners en die bende dood. Die sewe mense staan tereg op aanklagte van moord, aanranding, ontvoering en brandstigting nadat twee huise ook in Dan afgebrand is.
Die gemeenskap beskuldig die polisie daarvan dat hulle met die vermeende misdadigers saamwerk.