Zille verdedig geheime SAID-eenheid

Deel op

Die Presidensie het ten sterkste beswaar gemaak teen bewerings van die DA-leier, Helen Zille oor die president se verbintenis met die inkomstediens.

Zille het president Jacob Zuma verbind met die skorsings van amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Volgens die Presidensie is haar pogings om die president daarmee te verbind, moedswillig. Klaarblyklik wil sommige koerante Zuma ook by die saak insleep.

Die Presidensie sê die president is nie gemoeid met enige van die bewerings wat teen die geskorste lede gemaak word nie.

Zille het in haar jongste nuusbrief gesê Zuma is “dalk” besig om die SAID oor te neem om homself en die ANC teen die betaling van belasting te beskerm.

Sy sê die huidige konflik in die diens het ontstaan nadat Zuma Tom Moyane in September as die nuwe kommissaris aangestel het.

Moyane het vroeër vandeesmaand die adjunk-kommissaris Ivan Pillay en die hoof van strategie, Peter Richer afgedank.

Onder die leiding van dié twee figure, het hulle glo toegelaat dat SAID afgepers word om R3 miljoen te betaal om stil te bly oor die geheime intelligensie-eenheid wat Zuma se private huis in Forest Town, Johannesburg dopgehou het en meeluistertoestelle geplant het.

Sulke optrede is onwettig want dit oortree die Nasionale Strategiese Intelligensie Wet wat bepaal dat alleen Suid-Afrika se weermag, polisie en intelligensie-strukture geheime intelligensie mag insamel.

Die spioen, bekend as “Skollie”, wie se regte naam aan die Sunday Times bekend is, was die hoof van SAID se koverte Spesiale Projekte Eenheid, later hernoem na die National Research Group.

Zille het die bestaan van die geheime eenheid in die Inkomstediens verdedig en gesê dit het duidelik geword dat Zuma nie wil hê die diens moet ondersoek instel na sy belastingsake nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.