Gyselaarsdrama in Gent

Deel op

Belgiese polisie het gister ’n woonstel in Gent, België, omsingel waar vier gewapende mans ’n gyselaar aangehou het.

Daar was geen aanvanklike aanduidings dat terrorisme ’n rol gespeel het nie, het AFP berig.

‘n Groot polisie-operasie was gisteroggend in die werkersklas woonbuurt waar die woonstel geleë is, van stapel gestuur om omstanders van die toneel weg te hou.

Belgiese media het berig dat ’n gyselaarsdrama twee maande gelede ook in Gent afgespeel het. Die voorval was met afpersing verbind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.