EFF prys Jansen, waarsku ANC

Deel op

Die EFF se top ses leiers sal tydens die verkiesingkonferensie wat tans by die Universiteit van die Vrystaat gehou word, aangewys word.

Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, het universiteit geprys vir sy onpartydigheid omdat hy die EFF geakkommodeer het.

“Dit is ‘n dapper instelling met ‘n sterk leierskap,” het hy met verwysing na Jonathan Jansen gesê.

Die Vaal Universiteit van Tegnologie wou nie verlof gee aan die EFF om sy konferensie daar te hou nie, selfs nadat hulle die saal bespreek en betaal het.

Julius Malema, leier van die party het gesê “die regse partye, soos die DA”, het ‘n plafon bereik en sal nie nog swart stemme lok nie. Hy het bewerings, dat die EFF in die parlement deur die Demokratiese Alliansie gebruik word, verwerp. “Ons werk net saam oor bestaande kwessies.”

Die DA het hulself reeds verbind tot ‘n Trotskistiese ideologie van “struggle”, soortgelyk aan dié van die EFF.

Die EFF is vol vertroue oor sy prestasie in die 2016 plaaslike verkiesing en het Sondag die ANC gewaarsku dat sy oorheersing bedreig word.

“Om die waarheid te sê, ons raai die regerende party in Tshwane, Ekurhuleni en Nelson Mandela Bay aan om hul tassies te begin pak,” het Malema aan afgevaardigdes gesê in Bloemfontein.

Hy het egter voorspel dat geen party al die metropolitaanse munisipaliteite sal wen nie. “Die plaaslikeregeringsverkiesings gaan dissipline van die EFF vereis.

Malema het gesê die toekoms van Suid-Afrika is helder en die party kan die land vorentoe vat. “Ons was op die spits van die berg en het die toekoms gesien,” het hy gesê. “Die toekoms lyk baie helder. Suid-Afrika sal ekonomiese emansipasie bereik danksy die EFF.” Hy meen die EFF is die enigste organisasie wat die land kan bevry.

Hy het egter gemaan dat die land ‘n leierskapkrisis beleef en het verwys na werkloosheid, dienslewering en opvoeding. “Ons is in ʼn krisis omdat die 8 miljoen mense werk soek, en dit nie kan kry nie,” het hy gesê.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.