Zuma-trust se stigter slaan R406 miljoen se vlootkontrakte los

Deel op

‘n Stigter van die Friends of Jacob Zuma-trust is voorsitter en mede-eienaar van ‘n maatskappy wat vlootkontrakte ter waarde van R406 miljoen ontvang het, berig die Sunday Times.

Don Mkhwanazi het ontken dat sy verbintenis aan die president gehelp het met die toeken van kontrakte aan ‘n maatskappy waarvan hy 48% se aandele besit.

“Die president ken nie tenders toe nie,” het Mkhwanazi skriftelik aan die Sunday Times gesê. “Enige verhouding met die president kan nie gekoppel word aan enige kontrakte wat deur ʼn openbare tenderproses toegeken is nie.”

Die koerant berig dat die departement van verdediging skipinstandhouding en -herstelwerk uitgekontrakteer het aan Southern African Shipyards, die privaatmaatskappy waarvan Mkhwanazi mede-eienaar is.

Die maatskappy het glo die afgelope drie jaar reeds ses multi-miljoen rand se kontrakte ontvang.

Transnet het in Augustus ook ‘n kontrak ter waarde van R1.4 miljard aan Southern African Shipyards toegeken vir sleepbote.

Mkhwanazi, wat al sedert 2006 ʼn aandeelhouer in Shipyards is, was tussen 2010 en 2012 ‘n direkteur by Transnet. Hy het gesê die sleepboot-kontrak is aan die maatskappy toegeken twee en ʼn half jaar nadat sy termyn as direkteur van Transnet verstryk het.

Slegs een van die vier frigatte en een van die drie duikbote wat tydens die land se wapentransaksie gekoop is, steeds operasioneel is.

Die regering het in 1999 onder meer 26 Gripen-vegvliegtuie vir die lugmag en frigatte en duikbote vir die vloot aangekoop onder ‘n wolk van korrupsie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.