Politieke aardskudding in Beiere verwag

Deel op

ImageIndien Die CSU, oftewel die Christen-Sosiale Unie, Sondag in Duitsland hulle algehele meerderheid in die deelstaat Beiere verloor, sal dit niks minder as 'n rewolusie in Duitse politiek wees nie. En vir die eerste keer in 46 jaar lyk dit asof so 'n nederlaag waarskynlik is. Die verlies aan invloed kan verreikende gevolge vir kanselier Angela Merkel inhou.

Deel op
Sedert 1962 heers Merkel se party alleen in Beiere en die opposisie meen dat politiek, staat en sakebelange op 'n ongesonde wyse vermeng word. Alhoewel München se Theresienwiesepark ewe vrolik daaruit sien met voorbereidings vir die Oktoberfees, is politieke gemoedere donker.

Die gesiene Politbarometer-meningspeiling gee die sukkelende CSU slegs 47% waar die party in 2003 met meer as 60% as oorwinnaar uitgestap het. Die vraag was altyd hoe ver die CSU gaan wen en nie òf hulle gaan wen nie, sê Sepp Daxenberger van die Groenes. Die CSU sal waarskynlik gedwing word om met die FDP 'n koalisieregering te vorm.

Op Federale vlak sal die nederlaag voelbaar wees aangesien Merkel se "Groot Koalisie" in die Bundesrat, die oppergesag in die Nasionale Parlement, baie sal verswak. Dit plaas dadelik ook 'n vraagteken oor haar kanse om in volgende jaar se verkiesing sukses te behaal, omdat die oorvloedige stemme in Beiere opgedroog het.

Die CSU staan ook onafhanklik in Europese verkiesings en omdat die afsnypunt nasionaal bepaal word, mag hulle uitval in die volgende EU-rondte en invloed in die Europese parlement verloor. Die uitslag van die naweek se stemmery gaam beslis tot in Brussel gevoel word.

free blackjack no downloadпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.