Die Baader-Meinhofkompleks

Deel op

'n Nuwe film maak vandeesweek opslae in Duitsland. Der Baader Meinhof Komplex is Duitsland se amptelike inskrywing vir aanstaande

Image

Kinderoppasser met masjiengeweer

jaar se Oscar-kompetisie en beeld die lewens van die twee linkse Duitse terroriste uit die sewentigerjare, Andreas Baader en Ulrike Meinhof, uit.

Deel op

Baader en Meinhof het 'n terreurgroep genaamde die RAF (Rote Armee Faktion) gestig wat hom op politieke sluipmoorde, bomaanvalle en ontvoerings toegespits het.

Die film open vandag in Duitsland nadat enkel voorvertonings aan die media en familie van slagoffers plaasgevind het. Kritici kla reeds dat die film baie gewelddadig is en moontlik tot heldeverering vir die terroristegroep mag lei.

Bettina Roehl, die dogter van die bende se medeleier, Ulrike Meinhof, skryf in haar webjoernaal: "Die Baader Meinhof Komplex is die ergste moontlike scenario – dis nie moontlik om die film se heldeverering te oortref nie."

Die filmkritikus van die Berliner Zeitung meen dat die film aan Andreas Baader, die ander bendeleier en seun van 'n geskiedenisprofessor, die status van waaghals verleen waarvoor hy nog altyd gewens het. "Uiteindelik het hy gekry wat hy wou hê. Postuum het hy nou die held van 'n regte aksiefliek geword," meen hy.

Baader is tronk toe gestuur omdat hy bomme in twee Frankfurtse afdelingswinkels gestel het. Ná sy ontsnapping is die Baader-Meinhofbende gebore, wat die naam Rooileërfaksie (RAF) aangeneem het.

Image

‘n Noodsaaklike handelsmerkbykomstigheid: aanvalsgeweer van Heckler en Koch

Baader was lief vir Porsches en het hom op die Hollywood-akteur Marlon Brando gemodelleer. Ulrike Meinhof was 'n suksesvolle joernalis en saam het die twee glans aan die bende verleen, iets wat tot vandag toe in die populêre kultuur geld waar mense van "terroristesjiek" praat.

Hierteenoor kla familielede van hul destydse slagoffers dat die gesinne nie in kennis gestel is oor gebeure wat in die film behandel word nie. Michael Buback, seun van die federale aanklaer Siegfried, het eers ten aanskoue van die film uitgevind dat sy vader se moord daarin voorgestel word. Die toneel wys hoe 'n terroris wat haar as kinderoppasser voordoen 'n masjiengeweer uit haar kinderwaentjie haal in 'n straat in Keulen waarna sy op die aanklaer en sy lyfwagte losbrand.

Die vervaardiger van die film is Bernd Eichinger, wat ook verantwoordelik was vir die omstrede film oor Hitler, Der Untergang (Die Ondergang) wat volgens sommige 'n te simpatieke uitbeelding van die Duitse diktator verskaf het. Ander eietyds historiese films wat hy gemaak het, is Totsiens Lenin, 'n verhaal oor kommunistiese Oos-Duitsland, asook Die lewens van ander.

Die huidige film is gebaseer op 'n boek deur die voormalige redakteur van Der Spiegel, Stefan Aust, wat vele van die terroriste leer ken het. Die dialoog is gegrond op korrespondensie tussen hom en bendelede. Die regisseur, Udi Edel, het gepoog om alles so "waarheidsgetrou as moontlik" te maak, sowel die dialoog as die aantal koeëls wat in elke aanval afgevuur is. In antwoord op kritiek dat die film die terroriste te simpatiek uitbeeld, het hy gesê: "Ons het doelbewus die kameras langs die slagoffers geplaas, sodat ons kan sien wat hulle sien… om die mite te vernietig wat rondom die RAF ontstaan het."

Jorg Schleyer, die seun van die vermoorde nyweraar Hans Martin Schleyer, meen dit was "te pynlik" om die heropvoering van sy vader se dood te aanskou, maar het die eerlikheid geprys waarmee "die gevoellose bende moordenaars uitgebeeld word… sonder om afbreuk aan die herinnering van hul slagoffers te doen".

Frank Schirrmacher, die redakteur van die Frankfurter Allgemeine-koerant, sê die film is "hartverskeurend in sy lewensgetrouheid en het die potensiaal om die RAF in 'n nuwe lig te stel".

'n Ander kritikus, Jan Schulz-Ojala van Der Tagesspiegel, het egter die München-gebaseerde vervaardiger daarvan beskuldig dat hy die geskiedenis soos 'n afvalprosesseringsmasjien behandel. "Hulle neem die radio-aktiewe afval van ons volk en begrawe dit in films," skryf hy. Op soortgelyke wyse gaan die produksiehuis se volgende film, Anoniem, die verhaal vertel van die massaverkragtings van Duitse vroue deur Russiese soldate ná die verowering van Berlyn in 1945.

Die Rote Armee Faktion (RAF) het uit die studentebeweging van die sestigerjare onder leiers soos Rudi Dutschke ontstaan en hul lede is aanvanklik verpolitiseer deur anti-Amerikaanse betogings rondom die Viëtnam-oorlog en Amerikaanse kernwapens wat in Duitsland gestasioneer is. Altesame 34 mense het omgekom, waaronder Baader en Meinhof wat albei selfmoord gepleeg het in die Stammheim-gevangenis in Stuttgart. 'n Tweede geslag het daarna die stryd namens hulle begin voer, maar die groep het uiteindelik in 1998 opgehou bestaan.

Onlangs in Duitsland het 'n nuwe geslag grootgeword met "terroristsjiek", met heelwat boeke, films en items waaronder "Prada Meinof"-T-hemde en sakke met die groep se embleem in die vorm van 'n Heckler en Koch-masjiengeweer.

Ook in Afrikaans het die Baader-Meinhofkultus in die laat sewentigerjare aandag onder jeugdiges getrek en 'n hele paar gedigte is aan hulle opgedra soos byvoorbeeld die volgende vers uit die laat sewentigerjare wat in Johannesburg verskyn het:

la liberté ou la mort
vir die royal air force

andreas baader
anders as die ander
aanhalers van marcuse en horkheimer
was jy nooit student nie

sommer in berlyn opgedaag
en vir gudrun e. ontmoet
want in frankfurt het die bundeswehr
jou kakgegee met 'n oproep tot

fok dit fok dat
fok die fasciste
te hel met die varke
ondialektiese uitsprake tot enigsinse
misnoeë van ulrike m.

maar jy kon motors steel
en nou was daar niks meer
wat jou kon vermaak nie
pornografie van 'n wirtshaftswunder
die orgie in die slaghuis
van 'n viëtnam
het jou minder ontroer
as die besef van jou akteurskap
al doen jy nou ook wat
om amerika agter glas
van 'n televisieskerm by te kom

tydens die tronkbesoek
wou die sartre jou vra
hoekom jy bomme plant
sonder enigiemand se toestemming
maar jy was glo te uitgeput
om sommer net te antwoordсветильник купитьДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.