Bush boesem min vertroue in by VN

Deel op

Na jare se sedige preke oor die vrye mark, het George W. Bush se laaste toespraak voor die Algemene Vergadering by die VN nie goed afgegaan nie. In die gange van die organisasie is dit blykbaar al waaroor die lede praat.

Deel op
President Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië het Dinsdag in sy toespraak gesê dit is onregverdig om te verwag dat die hele wêreld die verantwoordelikheid moet dra vir die VSA se ongebreidelde hebsug.

Daar was 'n groot mate van Schadenfeude onder lidlande te bespeur oor die finansiële verknorsing van die VSA omdat Amerika weinig simpatie gehad het vir die druk waaronder baie lande geplaas is deur hulle blootstelling aan 'n geglobaliseerde ekonomie.

Dat die Bush-administrasie – wat eers volgehou het dat bankrotskappe elders buite hulle eie grense maar hulle gang moet gaan – nou 'n reuse hulppaket saamgestel het, is vir vele 'n aanduiding dat die VSA nie graag hulle eie medisyne neem nie.

Ook is daar kommer dat die gebrek aan oorsig op Wallstraat die wêreldekonomie dermate gaan knou, dat die amstes die hoogste prys sal moet betaal.

Ban Ki Moon het in sy openingsrede gesê dat die globale finansiële krisis al die VN se harde werk in gevaar stel en dit bevraagteken of steun vir die vrye mark so 'n gesonde ding was. Hy het gesê onkritiese geloof in die towerkrag van markte is nie wat nou nodig is nie.

Bush het die heersende kommer by die VN heeltemal onderskat en in sy rede byna uitsluitlik gefokus op die probleem van terrorisme vir die VSA. Hy het slegs 'n paar sinne aan die finansiële krisis op Wallstraat gewy.

Mark Malloch Brown, 'n Britse kabinetminister, het gesê lidlande sien nou duidelik deur die Amerikaners se dubbele standaarde. Dit was nie Kuba of Iran wat gister oor die VSA gekla het nie, maar  hulle eie bondgenote en  vriende.

President Nicolas Sarkozy het die huidige krisis as die grootste gemors sedert die Depressie beskryf en die finansiële stelsel "waansinnig" genoem. Hy het 'n ontmoeting vir November voorgestel wat deur talle ondersteun is oor hoe om die reguleringsprobleme die hoof te bied.

free gamblingАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.