Palestyne blameer Israel vir minister se dood

Deel op

Die Palestynse owerheid het Israel blameer vir die skielike dood van ‘n Palestynse kabinetsminister.

Israel het sy troepe in die Wes-Oewer intussen vermeerder en die minister van verdediging, Moshe Yaalon, het verskoning vir die dood aangebied.

Volgens die Palestyne toon die voorlopige lykskouing – wat betwis word deur Israeliese patoloë – dat hy gesterf het tydens ‘n gewelddadige konfrontasie met Israeliese troepe.

Nagenoeg 30 Israelse soldate en grenspolisie het Woensdag traangas en skokgranate op omtrent 100 betogers in die dorp, Turmusiya noord van Ramallah, afgevuur wat teen Joodse besettings geprotesteer het deur olyfbome te plant.

‘n Gestampery het uitgebreek en ‘n grenspolisieman het die 55-jarige Palestynse minister, Ziad Abu Ein, gestamp en ferm met een hand om die nek gegryp.

Minute later het die minister swak begin voel, op die grond neergeval en sy bors vasgegryp. Hy het onderweg na die hospitaal beswyk.

Die voorval het plaasgevind midde verhoogte spanning tussen Israel en Palestyne ná maande se gewelddadige onluste in Jerusalem, Tel Aviv en die Israelies-besette Wes-Oewer.

‘n Palestyne amptenaar het aan Reuters gesê dokters van Jordanië en Palestina wat by die nadoodse ondersoek betrokke was, het bevind dat Abu Ein dood is “nadat hy geslaan is, traangas ingeasem het en mediese bystand vertraag is.”

‘n Israelse mediese bron met kennis van die nadoodse ondersoek, het egter aan Reuters gesê die minister is dood ná ‘n hartaanval en dat hy voorheen aan sy hart gely het.

Die Palestynse president, Mahmoud Abbas, het die voorval as “barbaars” bestempel en gesê topleiers sal na afloop van Abu Ein se begrafnis, met volle militêre eer Donderdagmiddag, hul reaksie oorweeg.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.