Gedenkdiens vir vermoorde Groenewalds

Deel op

‘n Gedenkdiens sal Vrydag by die Moreletapark NG-kerk in Pretoria gehou word vir die vermoorde Werner Groenewald en sy twee kinders

Hul oorskot het Woensdag in Suid-Afrika aangekom.

Teresa Conradie, ʼn familiewoordvoerder, het Donderdag gesê hulle oorskot het uit Kaboel aangekom.

Groenewald se vrou, Hannelie, ‘n mediese dokter, is Dinsdag terug uit Afghanistan.

Groenewald (46), en sy kinders Jean-Pierre (17) en Rhodé (15), is op 2 Desember in ’n Taliban-aanval by hul huis in Kaboel doodgeskiet.

Hannelie en haar man het opheffingswerk vir Partnership in Academics & Development (PAD) in Kaboel gedoen.

Sy was nie tuis toe aanval plaasgevind het nie, maar by die kliniek waar sy gewerk het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.