Eskom knou rand

Deel op

Eskom het aangekondig dat geen beurtkrag Vrydag ingestel sal word nie.

Die kragvoorsiener het nogtans gewaarsku dat die kragnetwerk steeds onder druk sal bly.

Die land het verlede week gesteier onder beurtkrag, die ergste wat sedert 2008 ondervind is.

Die Eskom-woordvoerder, Andrew Etzinger, sê egter die stand van kragvoorsiening het sedert Maandag effens verbeter.

Die internasionale kredietgraderings-agentskap, Fitch sal Vrydag hulle kredietwaardigheidsiening van Suid-Afrika se bekendmaak.

Intussen sê ekonome dat indien kredietgraderings tot so ‘n mate daal dat Suid-Afrika sy beleggingstatus verloor, sal pensioenfondse wêreldwyd gedwing word om plaaslike effekte te verkoop.

Die rand het Donderdag tot ‘n ses-jaar-laagtepunt teenoor ‘n aantal geldeenhede teruggesak weens die reuse koste wat Eskom se gebrekkige instandhouding en beplanning meegebring het.

Die regering se reddingsplan om Eskom se kragtekorte aan te spreek, is ‘n duur onderneming.

Die minister in die presidensie, Jeff Radebe het gister bekend gemaak diesel- en gasinvoere gaan verhoog word en ‘n kontrak gaan met ‘n private steenkoolkragsentrale geteken word om die kragvoorraad aan te vul.

Ekonome sê nog ‘n afgradering deur Fitch kan lei tot ‘n kapitaal-uitvloei wat die rand onder druk kan plaas.

Eskom se hoof-ekonoom, Mandla Maleka sê ‘n afgradering deur Fitch kan die koste van lenings boonop duurder maak.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.