Afrikanersonde: Wil wit wees

Deel op

Enigeen met oë om te sien of ore om te hoor en ‘n verstand om mee te dink weet deesdae dat die Westerse beskawing dodelik siek is. Trouens wanneer dit kom by ‘n ontleding van die situasie rakende die wit Westerse beskawing, weet ‘n mens nie watter een van « diagnose » of « lykskouing » die beter beskrywing is nie.

Spesie wat uitsterf...?
Spesie wat uitsterf…?

Dit is nou reeds algemeen bekend dat die Westerse mens ‘n soort selfvernietigingsdrang ontwikkel het, wat miskien beskryf kan word as wit of Westerse masochisme. ‘n Mens kan die verskynsel vergelyk met sardyne en ook ander seediere wat van tyd tot tyd by hulle duisende op die strand uitswem om te vrek. Niemand kan verklaar waarom hulle dit doen nie. Al wat ons weet, is dat hulle om die een of ander duistere rede besluit het om te vrek.

In Amerika word ‘n derde wit babas weens vrugafdrywing nooit gebore nie. As daar iets soos ‘n volksmoord is, is hierdie sekerlik een. Die meerderheid babas wat vandag in Amerika gebore word, is nie wit nie. M.a.w. die wit babas wat gebore word is in die minderheid. Die ander is swart, Asiaties, gemengd of Hispanics. Dit word verwag dat wit Amerikaners onder die ouderdom van agtien jaar teen 2019 in die minderheid sal wees. Dis oor vier jaar !

Hierdie situasie word deur die Amerikaanse media, en veral die New York Times, Washington Post en Los Angeles Times met byna histeriese geesdrif verwelkom. Let wel, hulle aanvaar dit nie net bloot as ‘n feit nie. Hulle verwelkom dit! Die witmens het gewoon nie meer die reg om voort te bestaan nie, wat nog te sê iewers op die wêreld die seggenskap te hê en te regeer. En as ‘n mens kyk hoe die Westerse witmens hierdie selfvernietigingsproses maar gelate aanvaar en selfs aktief daaraan meedoen, dan kan jy amper nie anders nie as om saam te stem dat hy nie meer die reg het om voort te bestaan nie. As hy dan nie die wil en die moed en die lewenskrag het om voort te bestaan nie, dan verdien hy miskien maar om te verdwyn.

In Amerika, die leier van die Westerse Wêreld, of ons dit nou wil of nie, is dit onwaarskynlik dat ‘n Republikeinse kandidaat weer ‘n presidentsverkiesing sal wen. Miskien is dit selfs onwaarskynlik dat ‘n witmens weer Amerikaanse president sal wees. In die laaste presidentsverkiesing het Mitt Romney 60% van die blanke stem gekry en tog nog die verkiesing verloor. Die rede is omdat die swart en Spaanssprekende (Hispanic-) stemmers bankvas vir Obama gestem het. As blanke nasie, d.w.s. ‘n, nasie waar blankes ‘n deurslaggewende seggenskap in die bestuur van die land het, is dit met Amerika ikabod. En dieselfde patroon is in die Westerse wêreld as geheel snel aan die ontwikikel. Lande soos Duitsland en Italië het reeds ‘n negatiewe bevolkingsgroeikoers, terwyl die immigrante uit Noord-Afrika en Turkye by hulle honderdduisende instroom en met ope arms ontvang word, dikwels op «Christelike» gronde.

Wat interessant is in hierdie proses is die breinspoelingspatroon van die media en ander wat daarmee saamgaan: Óf hulle sê «maar dit is glad nie so nie, ons is nie besig om ‘n blanke minderheid te word nie, dis alles net die propaganda van die regses en die rassiste.» Óf hulle sê «nouja, so is dit maar. Ons kan tog niks daaraan doen nie». Óf «die immigrante uit die buiteland is ‘n aanwins vir ons kultuur en ons ekonomie», óf «dit maak tog nie saak nie, ons is mos almal mense en almal dieselfde.» Ons is almal dieselfde ja, maar as dit by ‘n verkiesing kom, dan stem ons darem almal vir Obama as ons nie wit is nie.

Hierdie witmenssiekte is dus nie tot Suid-Afrika beperk nie. Dis ‘n wêreldwye verskynsel. Die uitdelgingsoorlog wat teen Afrikaans en Afrikaners gevoer word, is grootliks te verklaar daaraan dat behoudende Afrikaners nog onder die weinige gemeenskappe op aarde is wat wit wil wees en wil bly. Die groot vraag, waarvan die toekoms van ons beskawing afhang, is of en wanneer die dag sal kom waarop die witmens gaan sê: tot hier toe en nie verder nie. Daarsonder is dit net ‘n kwessie van tyd voordat die Westerse beskawing te sterwe kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.