Gorbatsjof pleit vir vrede

Deel op

Die laaste Sowjet-leier, mnr. Michail Gorbatsjof, het Dinsdag die Verenigde State van Amerika en die Europese Unie aangemoedig om betrekkinge met Moskou te “ontvries”, ondanks die spanning oor die Oekraïne.

Die 83-jarige Gorbatsjof het in ‘n artikel wat in die staatsdagblad Rossiiskaya Gazeta gepubliseer is, gesê die Oekraïne-krisis het nie net daartoe gelei het dat die Weste sanksies teen Rusland opgelê het nie, maar dat samewerking op die gebied van globale kwessies soos teen-terrorisme, klimaatverandering en siekte-epidemies ook as gevolg daarvan opgeskort is.

“Ons moet betrekkinge dringend verbeter,” Gorbatsjof gesê. “Ek stel voor dat die leiers van Rusland en die Verenigde State van Amerika daaraan dink om sonder voorlopige voorwaardes, ‘n beraad oor ‘n breë agenda te hou en dieselfde soort spitsberaad moet ook tussen Rusland en die Europese Unie plaasvind.”

Rusland en die Verenigde State van Amerika “het ‘n spesiale verantwoordelikheid”, het Gorbatsjof gesê. “As hulle daarvan wegkyk, dra die res van die wêreld die verskriklike gevolge.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.