Google se antwoord op iPhone

Deel op

Image

Google Android G1 Foon

Die foon wat vroeër in New York bekend gestel is as die G1 gaan ook teen Kersfees in die VK beskikbaar wees. Die telekommunikasiegroep T-Mobile gaan die foon gratis aanbied op al hul pakkette van meer as £40.00 per maand.

Deel op

 

Hierdie is die eerste apparaat wat op die programmatuurreus se Andriod-oopbronprogrammatuur sal werk en beskik oor 'n tasskerm sowel as 'n QWERTY-sleutelbord. Dit beskik verder ook oor 'n 3 megapikselkamera en 'een klik'-kontekstuele soekfunksie asook 'n internetblaaier.

Die foon kan deur middel van WI-FI en 3G aan die internet koppel en het ook ingeboude ondersteuning vir die videoportaal Youtube. Gebruikers het ook toegang tot die Andriod-mark waar derde partye hul eie applikasies vir die programmatuur kan skep en beskikbaar stel. Google het die programmatuur onwikkel in samewerking met 30 ander firmas as deel van die "Open Handset Alliance" en het reeds gedurende November 2007 die plan aangekondig met die doel om die web meer toeganklik te maak.

станции италияФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.