CIA-marteling ontbloot

Deel op

Die “skinkbord”, nagebootste teregstellings en slaap­versteuring: Dít is van die “meedoën­lose, maar ondoeltreffende” marteltegnieke wat die Amerikaanse Intelligensiediens, die CIA, sedert 9/11 op tot 100 terreurverdagtes toegepas het.

Getuienis oor dié martelings is vervat in ’n 500 bladsy lange opsomming van ’n verslag van die senaat se intelligensiekomitee wat Dinsdag uitgereik is.

Die verslag verwys na voorvalle ná die 9/11-aanvalle in 2001 tot 2009.

Die tegnieke was glo baie erger as wat aan die administrasie van oudpres. George W. Bush vertel is.

Die VSA het talle internasionale konvensies en verdrae oortree waarvan hulle ondertekenaars is deur aangehoudenes te martel.

Dit het in die Amerikaanse aanhoudingsentrum Guantánamo Bay in Kuba of geheime CIA-tronke gebeur.

Die voormalige Poolse president Aleksander Kwasniewski het erken dat sy land ‘n geheime gevangenis op sy grondgebied bedryf het waar aangehoudenes gemartel is.

Kwasniewski het voorheen ontken dat Pole gasheer vir ‘n geheime CIA gevangenis was.

Die marteltegnieke het ingesluit om kos fyn te maak en anaal toe te dien. Dit is “die skinkbord” genoem. Aangehoudenes moes ook hoor hul kinders sal aangerand word en hul ma’s sal seksueel aangerand of keelaf gesny word.

Daar was ook watermarteling en slaapversteurning.

Dianne Feinstein, komiteevoorsitter, het gesê die CIA het dikwels foutiewe inligting deur dié martelings verkry, maar dit dikwels nie besef nie.

Die komitee en die CIA is al tien maande lank in ’n stryd gewikkel om groot dele van die verslag van die publiek weg te hou – met die goedkeuring van pres. Barack Obama.

Feinstein se komitee sou die verslag reeds in April uitgereik het, maar moes eers met die Withuis onderhandel oor sekere feite wat om nasionale veiligheidsredes uitgelaat moes word.

Obama het Dinsdag in ’n verklaring gesê die martelings druis teen Amerikaanse waardes in.

“Dit het nie ons stappe teen terreur of ons nasionale veiligheidsbelange gesteun nie. Dit het wel Amerika se statuur in die wêreld se oë verlaag.

“Dit is waarom ek marteling verbied het. Ons doeltreffendste maatreëls teen terreur is om getrou aan ons ideale te bly,” het Obama gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.