Ferrari California, nuwe perd uit die Italiaanse stal

Deel op

Ferrari het ‘n nuwe babatjie gekry. Die California is in egte Ferrari-tradisie niks minder as ‘n rasegte Italiaanse perd nie. Die motor is

Image

Die California met die dak op

beskikbaar as ‘n hardevoudakstrandmotor. Dit beteken nou dat hy in sy element sal wees op die straat in Kampsbaai of Plettenbergbaai.

Deel op

Sy enjin is ‘n platgelid-V8 van 4,3 liter wat tot by 7500 o/min kan draai. Wat die Ferrari anders maak is dat jy twee ekstra mense kan saamry al moet hulle kinders wees en dan is hy nog die goedkoopste Ferrari ook. Sy teenstanders is die Porsche 911 en die Aston Martin Vantage. Verrigting is tipies Ferrari met ‘n 0-100 km/u van 4 sekondes en ‘n topsnelheid van amper 290km/h. Die motor word in Parys bekend gestel in Oktober en ek is seker ons sal hom binnekort plaaslik sien.

Image

California besig om bostukloos te gaan

 

декоративная штукатурка стен на кухнелобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.