Gauteng-inwoners waarsku teen aanvallers

Deel op

Die Lytteltonse Gemeenskapspolisieforum in Centurion, het inwoners gewaarsku om op die uitkyk te wees vir twee “mans” wat hulle as polisiebeamptes voordoen.

Dié twee in uniform is daarop uit om inwoners aan te val en te beroof.

Die forum se woordvoerder, Clive Niepieer sê dit is ‘n ernstige misdaadprobleem, het RSG berig.

Hy sê die regte polisie moet dadelik ingryp.

Dit is nie bekend wat die ras van die aanvallers is nie, maar hulle is vermoedelik swart.

“Ons voorhek maak geheimsinnig oop vir die afgelope week of so en elke keer is ‘n baie verdagte wit Nissan-bakkie buite geparkeer in die straat,” het Milan Olivier van Atholl in Sandton gesê in nog ‘n voorval van misdaadteitering in Gauteng.

Hy het gesê hy het laas gesien hoe die bakkie geparkeer is in die straat op 7 Desember.

“Ek het buite die bakkie gaan inspekteer,” het Olivier gesê. Hy het gesê ‘n swartman met “dreadlocks” bestuur die voertuig.

“Ons glo hy is besig om die afstandbeheer van die hekke in die gebied te kloon en verken die gebied vir moontlike kwesbaarhede,” sê Olivier.

Dit is bekend dat voertuie dikwels in opritte gekaap word op dié manier.

Hy het gesê ADT se sekuriteitspersoneel het die swarte ‘n paar blokke weg langs ‘n elektriese kas gekry.

“By navraag het hy verdag geantwoord dat hy wag vir ‘n vriend en daarna vinnig die toneel verlaat,” verduidelik Olivier.

“Ek wil net Sandton-inwoners hieroor waarsku, veral nou dat ons nader aan die Desember-vakansie kom,” het hy gesê.

“Ek wil almal aanmoedig om ekstra versigtig te wees ten opsigte van hul veiligheid.”

Olivier het ook aan die Bramley-polisie gerapporteer. Ao Moses Maphakela, woordvoerder van die Bramley-polisie, waarsku Atholl se inwoners om ekstra waaksaam te wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.