Gemengde huwelik eindig met moord

Deel op

‘n Swart prostituut 25, van Pietermaritzburg is Maandag skuldig bevind aan die moord op haar 60-jarige wit man, Alan Griffiths.

Die twee was agt maande lank getroud, het Sapa berig.

Alan se liggaam is in ʼn veld in Estcourt opgespoor. Hy is verwurg en geslaan.

Thenjiwe, sy vrou, het glo met die moordenaars gereël om op 20 Januarie 2006 hulself as rylopers voor te doen op die pad naby Colenso waar sy en haar man sou ry.

Regter Rishi Seegobin was in die hooggeregshof in Pietermaritzburg besig met sy uitspraak toe die krag onderbreek is. Dit was te donker in die hofsaal om voort te gaan en hy het gesê hy sal Dinsdag sy redes vir sy besluit verskaf. Hy het beslis dat haar borgtog opgeskort word en sy in aanhouding gehou moet word.

Alan, ʼn alkoholis, was ‘n afgetrede ingenieur in Richardsbaai toe hy Thenjiwe, ʼn prostituut, ontmoet het. Sy het by ‘n kroeg op die dorp mans opgetel.

Josias Mare, Alan se voormalige prokureur, het aan die hof gesê dat sy kliënt binne ʼn maand nadat hulle getrou het, wou skei.

Thenjiwe het glo sy motor oorgeneem, hom in die huis toegesluit of uitgesluit en sy het by haar familie ingetrek.

Volgens Mare het Alan maandeliks ʼn pensioen van R4 500 ontvang wat Thenjiwe sou ná sy dood sou kry.

Sy grootste bate was egter die huis ter waarde van ongeveer R700 000. Hy het ook gesê sy kliënt se gesondheid het duidelik agteruitgegaan na die huwelik.

Hy het die gevolge aan die paartjie verduidelik indien hulle binne gemeenskap van goedere sou trou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.