Zille kyk in die spieël en sien ‘n rassis

Nou onlangs haal Steve Hofmeyr ‘n gedig van NP van Wyk Louw op Twitter aan:

Dis natuurlik afkomstig uit sy beroemde gedig, “Ballade van die bose” waarmee ons Afrikaners op skool en universiteit grootgeword het. roodt_fbfotoZille is nie in staat tot enige ballades nie. Maar dalk kan ons nog ‘n vers uit Van Wyk Louw, dié keer uit “Raka: die dans” gaan leen om haar jongste, patetiese skryfsel op die DA se webblad mee te beskryf, veral die ironiese woorde: “oud en wys: ‘Raka is vreedsaam’, ‘Raka is nie sleg'”. Zille beskik oor ‘n “gróót, swart party”, die DA, wat hoofsaaklik deur blanke, Afrikaanse kiesers ondersteun word. Vandaar haar politieke eierdans wat al hoe belagliker raak. Sy behoort soos Piet Croucamp permanent ‘n kopdoek te dra sodat ons die anti-wit span kan herken as ons hulle sien!

Die DA-leidster of voordanseres rondom die Raka-vuur dink dat sy ‘n groot “strategiese skuif” maak om my en Steve as “rassiste” uit te kryt. Deur ons te demoniseer, hoop sy om die ontwykende swart steun vir haar party te werf! Ongelukkig hang haar anti-wit onderrok so ver uit dat dit meer as enigiets anders op ‘n herformulering van haar Amerikaanse suster en medekultuurmarxis, Susan Sontag se stelling oor “die blanke ras” neerkom:

If America is the culmination of Western white civilization, as everyone from the Left to the Right declares, then there must be something terribly wrong with Western white civilization… The white race is the cancer of human history; it is the white race and it alone—its ideologies and inventions—which eradicates autonomous civilizations wherever it spreads, which has upset the ecological balance of the planet, which now threatens the very existence of life itself.

Sontag – en Zille – gebruik dieselfde logika as Robert Mugabe: Alles wat in Zimbabwe en Suid-Afrika verkeerd loop, kan op witmense en veral “wit rassiste” se brood gesmeer word. Toenemende misdaad en geweld, plaasmoorde, korrupsie, Eskom, dalende onderwysstandaarde – om maar enkeles te noem – is nie die grootste probleme in ons land nie. Nee, veel eerder dít wat die links-liberale heldin van Kaapstad ‘n “erg kommerwekkende neiging” (deeply disturbing trend) noem, naamlik “wit-op-swart rassisme”.

Zille en haar ouers is mos onlangse immigrante, vanaf Duitsland nogal. Wel, diep in haar onderbewussyn is Zille nog ‘n Nazi, want sy gebruik hier Nazi-logika: die minderheid bedreig die meerderheid. Kan u glo? Zille is geen Afrikaner nie. Wat my betref, is sy geen Suid-Afrikaner nie! Sy is ‘n verdomde Duitse Nazi wat hier vir die Duitse motormaatskappye kom voorbrand maak het sodat al wat korrupte staatsamptenaar en regstellende-aksiemiljoenêr sy bene stompies kan hardloop na die naaste BMW-, Audi- of Mercedes-handelaar toe! Alles met die steun en seën van Zille en haar absurde “liberale” party wat net so liberaal in die klassieke sin is soos Idi Amin of Pol Pot se eertydse bewegings.

Die vier miljoen oorblywende blankes in ons land verteenwoordig die probleem, volgens Zille. Dít terwyl rotse van snelwegbrûe af op ons motors neerreën, rassistiese RA- en SEB-wette deur die DANC met behae vanuit die Kaapse parlement uitgevaardig word, en sadistiese moordenaars en rowers ons daagliks teister onderwyl foto’s van slapende polisiemanne die internet vol lê. Sonder privaatveiligheidsmaatskappye en buurtwagte sou daar lankal volksmoord gewees het.

Asof die Nazi-logika van die minderheid wat die meerderheid bedreig nie genoeg is nie, neem Zille haar retoriese oneerlikheid ‘n stap verder deur vir “Steve Hofmeyr en Dan Roodt” in haar boendoehof aan te kla en skuldig te bevind, want sien: ons is verantwoordelik vir die “styging in voorvalle van wit rassisme”. Sy skryf:

Cloaked in flowery prose and intellectual bluster, their racism has emboldened some of their followers. I doubt it is a coincidence that the increase in racist incidents across the country has run parallel to the increase in their public profiles.

Waaroor gaan die “rassistiese voorvalle in die land” waarna sy verwys? Dis vier of vyf voorvalle, wat soos die geval van die Reitz-vier sekerlik oordryf word, waarin dronk studente iemand van ‘n ander ras rondgeklap het of waar ‘n man van Kenilworth ‘n swart vrou vir ‘n prostituut aangesien het. Die ironie is natuurlik dat die meeste van dié voorvalle in die liberale, Engelse Kaapstad plaasgevind het, nie in die ou HNP-vesting van die Noord-Transvaal of die KP-vesting van die Wes-Transvaal nie. Dus gaan dit om Zille se Prog- of DA-bure wat nou hul ware kleure wys, soos die ou grappie uit die dae van die vorige bewind: “Praat Prog, stem VP en bid dat die NP aan bewind bly.”

Wat het die gedrag van ‘n student aan die Universiteit van Kaapstad of ‘n tandarts in Rondebosch met my te make? Die Universiteit van Kaapstad, daardie kultuurmarxistiese hool, sal my nie eens op hul kampus toelaat nie, terwyl ek nie aan ‘n enkele PRAAG-ondersteuner in Rondebosch kan dink nie. Maar ek – en Steve Hofmeyr – moet pa staan vir die gedrag van “daders” wat doer in Zille en haar man, die marxistiese dosent aan die UK, se invloedsfeer verkeer!

Sulke voorvalle is boonop kwalik verteenwoordigend van die wanorde wat in ons land heers en is bloot uitsonderlike “fratse” waarop Zille en die liberale hoofstroommedia fokus om die aandag af te lei van die hele stelsel wat besig is om – soos in Zimbabwe – skouspelagtig te misluk. Selfs Frans Cronjé, voorsitter van die liberale SAIRV (Suid-Afrikaanse Instituur vir Rasseverhoudinge) wat jare lank bepleit het dat die ANC en SAKP die land behoort te regeer, het onlangs in Landbou.com gesê dat ons almal ‘n “plan B” moet hê vir wanneer Suid-Afrika misluk:

Wat het u bedoel met ’n plan B in ’n onlangse koerantonderhoud? ’n Tyd terug was ek saam met die voorsitter van Zimbabwe se Commercial Farmers’ Union (CFU) op ‘n verhoog. Hy het sy spyt uitgespreek omdat hy nooit boere in Zimbabwe aangeraai het om ’n plan B gereed te hê nie. Dit het my laat dink. Ek wil nie oor 20 jaar in daardie man se skoene staan nie. Daarom raai ek mense aan om ’n plan B te kry. Ek het só ’n plan – nie omdat ek weet ek gaan dit nodig kry nie, maar omdat dit onverantwoordelik sal wees om nie te erken dat die eksperiment wat in 1994 begin is, steeds verkeerd kan loop nie.

Sommige se plan B is om hul kapitaal en bates na veilige Europese jurisdiksies soos Switserland te verskuif. Moontlik het Zille dit ook reeds gedoen. Maar sy beskik oor ‘n tweede plan B, wat steeds aan Nazi-logika herinner: Kry ‘n sondebok vir die mislukkende staat Suid-Afrika. En die sondebok is: die Afrikaner, of daardie Afrikaners soos ek en Steve Hofmeyr wat nog nie heeltemal tot gedwee stilte deur die kultuurmarxistiese histerie geknuppel is nie. As Thandi Modise nie haar beeste en varke kos of water gee op haar regstellende boerdery nie, is dit seker ons skuld!

Om sondebokke by ‘n minderheid te soek, is ‘n gevaarlike speletjie. Só leer die geskiedenis ons. Toe ek in Parys gewoon het, het ek ‘n Kambodjaans-Chinese buurman gehad wie se gesin voor hul huis in die straat deur die Khmer Rouge doodgeskiet is, omdat hul etniese Chinese was. Stalin het ses miljoen Oekraïners van die honger laat omkom. As marxisme met minderheidsondeboksoekery gepaar word, raak dit besonder dodelik.

Wat Zille my “blomryke prosa” noem, is geensins die “mooiskrywery” waarna Van Wyk Louw in Vernuwing in die prosa verwys het nie. Dis gewoon denke. Ons Afrikaners dink voor ons doen. Dít het ons van ons Noord-Europese voorouers oorgehou. Ons is nie soos die alwetende Engelse pseudo-liberaal of kultuurmarxis wat die hekke vir Raka oopgooi, links en regs begin “transformeer” en plase nasionaliseer, net om, as die hele “meesterplan” sy onvermydelike gebreke begin toon, ‘n sondebok te soek om vir die gemors verantwoordelik te hou nie.

Een van die beste boeke oor die verskynsel van die “sondebok” is juis in Frans geskryf, deur die filosoof en letterkundige René Girard, Le bouc émissaire (Die sondebok, Grasset 1982). Onder andere sien Girard (bl. 83) ‘n verband tussen “vervolgings in die verlede” en “huidige mites”. Daarom is daar ‘n verband tussen die kultuurmarxistiese mite oor apartheid en Afrikanerboosheid, en die Britse volksmoord en koloniale Afrikanervervolging van die negentiende eeu.

René Girard sê:

“Daar is niks in mities-godsdienstige rituele wat nie logies vanaf die meganisme van die sondebok afgelei kan word en wat op ‘n hoër vlak as in die geskiedenis fungeer nie” (bl. 81).

Eerder as wat enkele onverwante fratsvoorvalle van wit-op-swart rassisme tiperend van enigiets in Suid-Afrika is, is Zille se Nazi-agtige gebruik van die sondebokdiskoers die “erg kommerwekkende neiging”, om haar woorde te gebruik.

Ek is seker ek praat namens alle Afrikaners en blankes in die land as ek sê dat ons nie bereid is om verantwoordelikheid vir die mislukking van marxisme en liberalisme in Suid-Afrika te aanvaar nie. Ons moet onthou dat die Liberale Party, waarvoor Helen Zille so ‘n groot bewondering koester, die eerste groepering was wat hom tot stedelike terreur met die stasiebom van 1964 gewend het. Deur terreur en leuens het die fanatiese linkses in ons land die NP’s en veral die idiotiese papbroek FW de Klerk verslaan. Noudat die hond die bus gevang het, weet hy nie meer mooi wat om daarmee te maak nie, behalwe om die staatskas leeg te steel. Om Suid-Afrika te regeer en te bestuur, blyk ‘n groter uitdaging te wees as om histeries vanuit die Britse en ander internasionale media bloot propaganda te bedryf.

Ek het ook ‘n plan B: Ons moet al die marxiste terugjaag Londen toe, waar hulle hoort. Laat hulle ons vanuit die Engelse hoofstad belieg en beledig, soos hulle al eeue lank doen, van die dae van die Britse sendelinge en die Swarte Ommegang af. Dat ons hulle toelaat om dit hier in ons eie land te doen, verteenwoordig ‘n strategiese flater wat ons nog suur gaan bekom. Afrikaners behoort teen Zille en haar mede-Nazi’s op te tree, voor dit te laat is en die soort fanatieke Boerehaat en anti-wit rassisme wat sy verkondig in nóg groter geweld oorslaan as wat ons reeds ervaar.

En as daar iemand is wat beswaar daarteen maak dat ek Zille ‘n kultuurmarxis én ‘n Nazi noem, hoef hy maar net Martin Bosma van die PVV se boek, De schijn-élite van de valse munters (Bert Bakker, 2010), te lees waarin hy vermeld: “Hitler was links.” DA-sosialisme, regstellende aksie en grondhervorming is bloot ‘n variant van nasionaal-sosialisme wat bepaal: die rasseminderheid en hardwerkendes moet gestraf word. Bosma verwys onder andere na ‘n boek deur Jonah Goldberg, Liberal Fascism, en skryf:

Goldberg stelt dat nationaal socialisme eenzelfde oorsprong heeft als de New Deal van Roosevelt en het Italiaans fascisme: de wil om de economie centraal te organiseren en planmatig te beheren… Het fascisme moet volgens Goldberg beschouwd worden als een links fenomeen. Fascisme en communisme waren beide utopische visies. (bl. 249)

Die DANC wil ons land in die naam van klasse- en rassegelykheid vernietig en in die proses die blanke en Indiër-middelklas verarm, indien nie in kampe met die vertroude marxistiese metodes laat uitmoor nie. Blankes en Indiërs pleeg die minste misdaad (hulle verteenwoordig kwalik een persent elk van die land se gevangenisbevolking) en is ook die mees aktiewe entrepreneurs en werkskeppers, daarom gehate “Koelakke” in Stalin se terme. Ook Ilana Mercer tref die vergelyking tussen die Russiese middelklasboere en Afrikanerboere in hoofstuk 2 (“The Kulaks of South Africa vs. the Xhosa Nostra”) van haar boek, Into the Cannibal’s Pot: Lessons for America from Post-Apartheid South Africa.

Soos ek onlangs gesê het, na Alain Finkielkraut: Anti-rassisme is die nuwe rassisme. Zille is ‘n groter rassis as wat enige AWB-lid ooit kan droom om te wees.

Ek stem saam dat ons rassisme moet beveg, maar dan veral die rassisme van die kultuurmarxistiese elite wat Afrikaners en blankes as die vyand beskou. Hulle haat ons want ons staan in die pad van hul grootskaalse plundertog deur die staat en selfs privaat bates soos grond, eiendom en aandele.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.