Kabinet gaan kragkrisis bespreek

Deel op

Die Kabinet gaan na verwagting Woensdag vergader om die land se elektrisiteitkrisis te bespreek, het RSG berig.

Eskom het Vrydag fase drie van beurtkrag ingestel na probleme by drie steenkoolkragstasies.

Die elektrisiteitskrisis het gisteraand tot chaos in Durban gelei, waar sowat tien duisend mense op treine gestrand gelaat is.

Metrorail het beurtkrag die skuld gegee vir die voorval.

Die provinsiale hoof van kommunikasie, Zama Nomnganga sê weens kragonderbrekings kon operateurs in kontrolekamers nie die treinverkeer reguleer nie, en daarom het die treine stilgestaan.

Die kabinetsvergadering volg ook te midde van verbruikers wat skadevergoeding van munisipaliteite begin eis weens kragonderbrekings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.