Koning Goodwill Zwelithini is bankrot

Deel op

Koning Goodwill Zwelithini is bankrot en kan selfs nie kruideniersware vir sy huishouding bekostig nie.

Die huishouding bestaan uit ses vroue en 27 kinders het die Sunday Times berig.

Die KwaZulu-Natalse regering sal nou die koning finansieel moet ondersteun, ondanks die feit dat hy R54,2 miljoen se jaarlikse ondersteuning van die nasionale regering kry.

Volgens die berig is die trust wat op die been gebring is om te verseker dat die koninklike huishouding selfonderhoudend is, bankrot.

Regter Jerome Ngwenya, voorsitter van die trust, het gesê die rede vir die trust se probleme is die feit dat daar nooit ten volle bereken of begroot is nie. Die trust, wat vyf jaar gelede deur die provinsiale regering op die been gebring is, het ten doel gehad om die departement van koninklike huishoudings te vervang maar albei bestaan tans neffens mekaar.

“Al die geld wat die trust ontvang het, is deur die departement oorgeplaas as of die trust ʼn entiteit van die departement is. Die departement het, ten spyte van ooreenkomste wat met die trust bereik is, in gebreke gebly om gelde oor te dra soos die ooreenkoms vereis en het mindere bedrae oorgedra,” het Ngwenya gesê.

Die trust se waarnemende finansiële beampte, Bonginkosi Qunta, het verlede week aan die KwaZulu-Natalse finansiële komitee gesê die trust het geen geld nie.

Nie Ngwenya of Qunta kon verduidelik waarop die trust die toegekende geld spandeer het of hoeveel geld die trust tot op datum ontvang het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.