Valke ondersoek Libiese bates

Deel op

Die Sunday Independent berig Amerikaanse dollars ter waarde van sowat R2 triljoen wat aan Libië behoort, word in sewe swaar bewaarde pakhuise en bunkers in geheime gebiede in Pretoria en Johannesburg gestoor. Dit sluit die etlike miljarde rande wat wettiglik in vier banke in Suid-Afrika aangehou word, uit.

Soos die onwettige imperiale oorloë deur NAVO, was dié een teen Libië doodgewoon massamoord. Verslae van menseregte-organisasies toon dat die Verenigde State van Amerika, NAVO en hul betaalde “rebelle” daartoe verbind was om die ergste moontlike oorlogsmisdade te pleeg.

Dié beleid van uitwissing het uiteindelik tot die koelbloedige moord op Moeammar Gaddafi gelei, sonder dat hy verhoor is.

Onderhoude met slagoffers en getuies in Tripoli, Zawiya, Sibrata, Khoms, Zliten, Misrata en Sirte Tawergha lewer genoegsame bewys wat dat burgerlike teikens doelbewus gebombardeer is deur NAVO, wat talle sterftes en beserings veroorsaak het.

Dit sluit skole, hospitale, die regeringsgeboue, winkels en huise in. Die rebelle, NAVO-vasalle, het sistematiese marteling, mishandeling en wraakmoorde teen Gaddafi-simpatiseerders uitgevoer, terwyl swartes letterlik afgeslag is.

Massagrafte van swart immigrante wat deur die NAVO-operasie uitgewis is, is gedokumenteer.

Die Suid-Afrikaanse koerant berig die Valke is besig om ʼn moontlike oortreding van “valutabeheerregulasies” te ondersoek. Hulle het nie kommentaar gelewer oor die massaslagting van swartes in Libië nie.

Volgens The Independent is die bates, wat honderde ton goud en 6 miljoen karaat se diamante insluit, met minstens 62 vlugte tussen Tripoli en SA in die land ingebring.

Die koerant berig verder dat die meeste van dié bates glo uit Libië geneem is toe pres. Jacob Zuma betrokke geraak het by ʼn poging van die Afrika-unie om die voormalige Libiese president, Moeammar Gaddafi, te oortuig om uit te tree ná opstande teen sy bewind in Februarie 2011.

Op die 10de April 2011 het Zuma aangekondig Gadaffi het ‘n plan om die konflik in die land tot ‘n einde te bring, aanvaar ná samesprekinge in Tripoli. Die NAVO-gesteunde rebelle het egter die plan verwerp.

Gadaffi is op 20 Oktober vermoor sonder verhoor.

“Ons is by ‘n punt waar ons nie kan kommentaar lewer op die saak nie,” het die woordvoerder, kapt. Paul Ramaloko, gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.