Tegnologievooruitsigte vir 2015

Die internet-rewolusie gaan die manier waarop ondernemings­ sake doen, binne enkele jare ingrypend­ verander, meen kenners.

Baie daarvanis kwessies wat sagteware-­ontwikkelaars­ en stelselingenieur­s sal fassineer­, maar daar is ook aspekte wat gewone mense raak. Die top-tien-neigings­­ vir 2015 is:

1. Jy gaan oral aanlyn wees

Kenners reken dit gaan al hoe belangriker word om in die behoeftes van mobiele gebruikers te voorsien – nie nét deur op toestelle te fokus nie, maar ook op diverse omgewings­.

“Fone en draagbare­ toestelle is nou deel van ’n uitgebreide rekenaaromgewing­ wat insluit dinge soos verbruikerselektronika­ en skerms wat verbind is in die werk- en openbare­ ruimte,” sê mnr. David Cearly, visepresident van Gartner.

“Toenemend sal die hele omgewing by die vereistes van die mobiele gebruiker­ moet aanpas. Dit sal groot bestuursuitdagings vir IT-ondernemings skep soos wat hulle beheer verloor oor die eindpunt-toestelle­­.”

2. Die internet van dinge sal uitbrei

Die feit dat alle data digitaal­ geskep word, beteken daar is nuwe maniere om dienste aan te bied. Ondernemings moet die “internet­ van dinge” (bates en masjinerie)­ dink na hoe hulle digitale­ data kan inspan. Voorbeelde­ sluit in: betaal-per-gebruik­­­ van bates (soos nywerheidstoerusting­), dienste (soos betaal-soos-­jy-ry-versekering), mense (soos vir verhuising­), plekke (parkeerplek) en stelsels (wolkdienste). Ondernemings in enige sektor kan dié modelle inspan.

3. 3D-drukwerk sal algemeen­ word

Die wêreldwye verkope van driedimensionele­ (3D) drukkers gaan na verwagting­ in 2015 met 98% groei, gevolg deur 50% in 2016. 3D drukwerk­ sal oor die volgende drie jaar vlam vat soos wat goedkoper drukkers op die mark kom en die gebruike­ daarvan uitbrei. Nuwe nywerheids­-, biomediese­ en verbruikerstoepassings­ sal dit duidelik maak dat 3D nie net ’n gier is nie, maar iets wat ontwerp, die vervaardiging­ van prototipe­s en die vervaardigingsproses­ self kan verbeter.

4. Alles sal ontleed word

Soos wat die volume data toeneem, sal die belangrikheid­ van ontledin­g daarvan toeneem. Apps sal die interne vermoë moet hê om data te ontleed. Organisasies­ sal moet leer hoe om dié data ten beste te bestuur en die regte inligting­ aan die regte mense op die regte tydstip te lewer. “Ontleding­ sal diep, maar onsigbaar, oral ingebed word,” sê Cearly.
Die waarde gaan al hoe meer in die antwoorde lê, nie in die data self nie – en daarvoor sal die regte vrae gevra moet word.

5. Konteksryke stelsels sal ontwikkel

Danksy data-ontleding sal stelsels ontwikkel word wat reageer op hul omgewing­. Dit sal onder meer veiligheidstelsels­ raak – as die konteks van ’n gebruiker se versoek verstaan word, kan toepassings­ hul veiligheidsreaksie­ aanpas.

6. Masjiene sal slimmer word

Gevorderde algoritmes­ sal stelsels in staat stel om self te leer en outonoom op te tree. Selfaangedrewe­ voertuie­, virtuele persoonlike­ assistente­ en gevorderde­ robotte bestaan reeds en ontwikkel vinnig, wat lei tot ’n nuwe era van “masjienhelpers­”. Die slim-masjienera kan dalk die mees ontwrigtende­ in die geskiedenis van IT wees.

7. Die wolk word mobiel

Die samesmelting­ van wolk- en mobiele rekenaar­dienst­e sal voortduur. Al hoe meer toepassings­ word ontwikkel­ sodat dit op enige toestel kan werk, hoewel dié neiging ingeperk word deur bandwydte­- en netwerkkoste­. Nietemin­ sal selfs apps wat pasgemaak­ word vir verskillende­ toestelle­ sentraal in die wolk gekoördineer­ ­word.
Die fenomeen van twee skerms – wat op die oomblik beteken dat mense TV kyk terwyl hulle ook op ’n mobiele toestel bedrywig­ is – gaan uitgebrei­ word sodat speletjies en sake-apps­ meer skerms gebruik, ook draagbare toestelle, om gebruikers se ervaring te verbeter.

8. Apps en infrastruktuur­ sal deur sagteware gedefinieer­ word

Programmering van alles – apps tot basiese infrastruktuur­ – sal al hoe ratser moet word sodat organisasies­ kan aanpas by die digitale werkmodel. Dit beteken hardeware sal nie meer die kern van alles kan wees nie. Modelle en kodering wat maklik saamgestel kan word, sal al hoe meer gebruik word.

9. IT op webskaal

Al hoe meer onder­ne­mings­ sal begin dink en optree soos web-reuse­ soos Amazon, Google en Facebook. Die eerste stap sal sogenaamde DevOps wees – wanneer sagteware­-ontwikkeling en die bedryfsafdeling op ’n gekoördineerd­e wyse saamwerk om apps en dienste vinnig en deurentyd­ te ontwikke­l.

10. Risiko-gegronde sekuriteit­

Sekuriteit moenie ’n hindernis­ tot vordering wees nie. Ondernemings sal al hoe meer besef dat dit onmoontlik is om ’n 100% veilige omgewing te skep. Hulle sal dus al hoe meer gesofistikeerd­e risiko-­ontledingsmodelle skep en veiligheid sal in apps self ingebou word, pleks van deur byvoorbeeld­ brandmure.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Tegnologies gestremde Witbeer

    …… en Eskom sal dalk krag ontdek……. ons hou maar duim vas vir die een.

  • Rooikop

    AL hoe meer geintegreerd met al hoe meer spionasie vermoëns vir die grootkoppe.