Reserwebank se swart uitnemendheid gevier

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorsien nie die risiko van ‘n verdere afgradering vir Afrika se mees ontwikkelde ekonomie nie het die nuwe Reserwebankgoewerneur Lesetja Kganyago gesê.

Kganyago het die stelling vroeër gemaak na aanleiding van die vrystelling van die bank se Desember monetêre beleidsoorsig.

Moody’s het Suid-Afrika se kredietgradering in November afwaarts aangepas, met verwysing na swak vooruitsigte vir medium-termyn groei en stygende staatskuld.

Die adjunk-minister van finansies, Mcebisi Jonas, sê sy departement is vol vertroue dat die Reserwebank in staat is om die land veilig deur die huidige ekonomiese krisis te lei.

Hy het Donderdag aan afgevaardigdes by ‘n gala-dinee van die African Business and Professional Alliance gesê die land se fiskale vooruitsig is beperk en dat die ekonomie nie noemenswaardig sal groei nie.

Die alliansie het swart uitnemendheid en die aanstelling van die nuwe president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, gevier.

Jonas sê maatreëls is ingestel om regeringskuld te verminder en om die gaping tussen die regering se inkomste en uitgawes te verklein.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.