Kaapse prokureur vas oor dwelms

Deel op

‘n Prokureur van Kaapstad het Donderdag in die Mitchellsplein-landdroshof verskyn nadat sy die vorige dag in dieselfde hof in hegtenis geneem is.

Eric Ntabazalila, woordoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Ursula Vreugde is Woensdag in die Mitchellsplein-landdroshof in hegtenis geneem nadat sy glo 30 pakkies tik aan haar kliënt gegee het.

Ivan Jacobs, Vreugde se kliënt, het in ‘n onverwante saak in die hof verskyn, het Sapa berig.

Volgens Ntabazalila het Vreugde Donderdag op aanklag van die besit van dwelms in die hof verskyn en is sy op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.