Swartes min gepla met Mandela-huldeblyke

Deel op

Aanhangers van Mandela het dié week ‘n veldtog geloods ter ere van die voormalige terroris wat min belangstelling by die swart publiek gaande gemaak het.

Hy is vereer vir die bomme wat hy en sy mede-terroriste geplant het en waarin onskuldige burgerlikes dood is.

Die Nelson Mandela-sentrum van herinnering in Johannesburg het ‘n multi-media uitstalling gehou in een van vele huldeblyke aan hom.

Dit is vandag ‘n jaar sedert Mandela se afsterwe. Die geleentheid is bygewoon deur Mandela se familie en hoogwaardigheidsbekleërs soos die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, die adjunk-Hoofregter, Dikgang Moseneke, die musikant, Yvonne Chaka Chaka en die uitvoerende hoof van Edcon, Jurgen Schreiber.

Gaste het na huldeblyke van regoor die wêreld gekyk. Pandor het die hooflesing gelewer, waarin sy gefokus het op die “nie-rassige samelewing” wat Madiba help vestig het, en waar nuwe apartheid ingestel is om ‘n swart meerderheid te bevoordeel ten koste van wit minderhede en die ras van swart misdadigers verswyg word in anti-wit haatmisdade.

Die uitvoerende hoof van die sentrum, Sello Hatang het Suid-Afrikaners nietemin aangemoedig om in Madiba se voetspore te volg.

Die SABC het ook elke geleentheid benut om Mandela en kohorte te prys en op te hemel. Wolfie Kodesh het tydens ‘n dokumentêre uitsending trots vertel hoe hulle onskuldige burgerlikes doodgemaak het.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula sal vandag ‘n replika van oudpresident Mandela se Robbeneiland-sel aan die Nelson Mandela Museum in Qunu in die Oos-Kaap oorhandig.

Die terroris het 18 jaar op die eiland naby Kaapstad deurgebring nadat hy die doodstraf vrygespring het.

Die bestuurder van bemarking en kommunikasie, Nokuzola Teteni sê die sel sal leerders en plaaslike inwoners help verstaan wat Madiba tydens sy aanhouding moes deurmaak.

Die Mandela-familie sal intussen verskeie geleenthede die naweek bywoon om Madiba te herdenk. Hulle sal Sondagoggend die naweek met ‘n biddiens in Qunu afsluit om die familie weer bymekaar te bring.

Die tuiste was onlangs in die nuus, nadat die DBV afgekom het op beeste wat van honger en dors op die plaas gevrek het.

Ahmed Kathrada, wat saam met Madiba op Robbeneiland was, lê vanoggend kranse by die Uniegebou in Pretoria.

Die Ahmed Kathrada-stigting is die gasheer van die seremonie by die standbeeld van die oudpresident.

Die standbeeld is op Versoeningsdag onthul met ‘n haas in die oor, waarna die staatsman op Qunu in die Oos-Kaap begrawe is.

Cyril Ramaphosa, waarnemende president, sal Vrydag die spreker by die amptelike herdenking by Freedom Park in Pretoria wees.

Ramaphosa het namens president Jacob Zuma en die Nelson Mandela-stigting ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om die volkslied te sing na ‘n oomblik van stilte.

Die huidige volkslied bevat ‘n strofe van die Die Stem wat tans as ‘n “rassistiese” blyke van “apartheidsontkenning” beskou word.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.