Skole: Aanranding, seksuele teistering, patetiese wiskunde

Deel op

Aanranding en seksuele teistering vier hoogty in Suid-Afrikaanse skole en slegs 3% van Gr 9 leerlinge kry 50% vir Wiskunde volgens die Jaarlikse Nasionale Asseseringsverslag, ANA.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoedkundiges sê 346 klagtes is sedert April vanjaar teen onderwysers gelê. Die raad het in November vergader.

‘n Woordvoerder van die raad, Thembinkosi Ndlovu sê die meeste klagtes hou verband met seksuele mishandeling en aanranding tussen kollegas.

Hy het bekendgemaak dat daar 270 ondersoeke teen onderwysers gedoen is, en 50 verhore en drie dissiplinêre verhore het plaasgevind, waarna 31 onderwysers onbepaald geskors is.

Dit is nie bekend of dié onderwysers steeds vergoed word nie.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het skole intussen gewaarsku dat hulle nie leerders se rapporte mag terughou weens wanbetaling nie.

In ‘n verklaring sê die provinsiale minister, Debbie Schafer in vorige jare het sommige skole leerders se uitslae teruggehou indien hul skoolgeld nie betaal is nie.

Schafer sê finansiële redes kan nie aangevoer word om teen leerders te diskrimineer nie.

Sy het ook ‘n beroep op ouers gedoen om alle uitstaande skoolgelde te betaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.