Moetiemoordplan teen premier gefnuik

Deel op

‘n Swartvrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy ‘n toordokter genader het om die Noordwes-premier Supra Mahumapelo en die uitvoerende burgemeester van Mahikeng, Gosiame Seatlholo, te vermoor, het die Valke gesê.

“Die 42-jarige raadslid is in die vroeë oggendure in Mmasebudule in hegtenis geneem,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die vrou het ‘n toordokter op 21 November gevra om te help om Mahumapelo en Seatlholo met moetie te vermoor. Hy het teësinnig ingestem, maar het die polisie op 28 November van haar moordplanne in kennis gestel.

“Sy is Dinsdag in hegtenis geneem toe sy die toordokter vir die tweede keer gaan besoek het,” het hy gesê. Sy sal Woensdag in die Lehurutshe-landdroshof verskyn.

Die premier se kantoor het hul skok oor die moordplan uitgespreek: “Die kantoor van die premier verneem met skok kennis oor die inhegtenisneming van ʼn verdagte wat premier Mahumapelo wou vermoor.”

Die woordvoerder het ook die polisie bedank vir hul vinnige reaksie op die saak. “Intussen kan ons lede van die publiek verseker dat premier Mahumapelo veilig is en met sy gewone amptelike take voortgaan.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.