EFF rig dringende aansoek teen skorsing

Deel op

Die regspan wat die 20 geskorste EFF-parlementslede verteenwoordig, vergader vandag met die regterpresident van die Wes-Kaapse Hooggeregshof, John Hlophe, oor ‘n regter om die party se dringende aansoek teen die skorsing aan te hoor.

‘n Aantal lede is vir dertig dae geskors sonder betaling.

 

Die EFF se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla sê hulle gaan ook vra dat die saak so gou as moontlik aangehoor word, het RSG berig.

‘n Verslag wat die skorsings aanbeveel is verlede week deur die Nasionale Vergadering aanvaar.

Die LP’s is aangekla nadat hulle President Jacob Zuma in Augustus tydens `n sitting uitgejou het.

Die Speaker van die Nasionale Vergadering Baleka Mbete, die voorsitter van die Komitee vir Bevoegdhede en Voorregte en ook President Zuma word as respondente genoem.

Die EFF voer aan dat die besluit van die Nasionale vergadering om die Komitee se verslag te aanvaar, ongrondwetlik was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.