Oproeriges in Lawley, suid van Johannesburg het verkeer op ou Lawley-weg tot stilstand gedwing.
‘n Woordvoerder van die Metropolisie, Wayne Minnaar sê dele van die pad word versper met rotse en brandende buitebande.
Die oproermakers is glo ontevrede omdat hulle nie elektrisiteit het nie.
Minnaar het aanbeveel dat die K43 en R580 as alternatiewe roetes gebruik word om die oproeriges te vermy.