R36 by Tzaneen onbegaanbaar weens oproer

Deel op

Oproeriges het verkeer op die R36 tussen Tzaneen en Hoedspruit Woensdagoggend ontwrig.

Die polisie is in die gebied ontplooi om die situasie onder beheer te probeer kry.

Dié pad in Limpopo is deur swart oproermakers onbegaanbaar gemaak met brandende voorwerpe.

Die oproeriges eis lopende water en beter paaie.

Die inwoners van Mokgolobotho het sowat twee maande gelede ‘n griefskrif aan die Groter Tzaneen munisipaliteit oorhandig en is ontevrede dat daar nog nie gehoor gegee is aan hul eise nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.