Standardbank in NY vir prysmanipulasie aangekla

Deel op

Standard Bank word tans aangekla omdat hulle glo met twee ander groot internasionale­ banke saamgesweer­ ­het om die prys van platinum­ en palladium­ in die VSA te manipuleer­.

Rusland en Suid-Afrika, hou ongeveer 80 persent van platinum-groep metale se reserwes. Dié twee lande het ooreengekom om saam te werk om gemeenskaplike kwessies te ondersoek.

Die Russiese owerhede het aan Bloomberg gesê die belangrikste doel is om die belange van albei lande in hierdie gebied te beskerm.

Die twee lande het ‘n verdrag Maart 2013 onderteken om ‘n OPUL-tipe blok te vorm wat pryse sal koördineer nadat platinumpryse met 28 persent oor die afgelope 20 maande gedaal weens stakings in Rustenburg waarna die polisie by Marikana op stakers losgebrand het.

Palladium het vanjaar oor 7,7 persent geklim, met pryse wat laas gesien is in 2001. Suid-Afrika se myne hou sowat 70 persent van die wêreld se platinum en Rusland 40 persent van sy palladium, ‘n metaal wat motorbesoedeling drasties bekamp.

Die mate waartoe sekere pryse kunsmatig laag gehou word, herinner aan Afrika se tonne ivoor en goud wat voorheen vir helderkleurige krale verruil is.

Die aanklaers se regsverteenwoordigers­ sê die saak teen die Suid-Afrikaanse bank, Goldman Sachs en HSBC in New York is die eerste in sy soort in die VSA.

Die metaalafdeling van BASF, die wêreld se grootste chemiese maatskappy­, word ook gedagvaar.

Die vier maatskappye het binnekennis­ van kliënte se aankope en verkoopsbestellings gebruik om wins te maak uit die prysbewegings van die metale, wat gebruik word in onder meer juweliersware­ en katalisators­.

Modern Settings­, ’n juwelier­ wat die metale en afgeleide instrumente­ gegrond koop, het die maatskappye­ gedagvaar oor die gebruik van sogenaamde binne-inligting.

Soortgelyke hofsake is vanjaar in Manhattan begin waarin banke beskuldig­ word van die besonder lae vasstelling­ van die goudprys, terwyl daar in werkliheid ‘n tekort aan die edelmetaal in Indië en China is.

Reguleerders het oorsig verskerp­ nadat die prysvasstelling van interbank-­rentekoerse ontdek is, waarvoor onder meer Barclays en UBS kwaai beboet is.

Silwerpryse sal deur ‘n nuwe meganisme­ vasgestel word, asook platinum­ en palladium­ wat op 1 Desember­ in werking sal tree.

Die maatskappye­ betrokke­ by die hofsaak wou nie kommentaar­ lewer nie.

Volgens die aanklagte­ het die vier maatskappye­ twee maal per dag bymekaargekom­ ­om die internasionale­ prysmaatstawwe van die metale vas te stel.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.