Winnie se eis op Qunu kry wind van voor

Deel op

President Jacob Zuma het ‘n kennisgewing ingedien wat Winnie Madikizela-Mandela se beweerde aansoek teenstaan om inligting oor Mandela se grond te bekom.

Madikizela-Mandela wil toegang tot staatsdokumente kry wat inligting bevat oor oud-president Nelson Mandela se eiendom op Qunu in die Oos-Kaap.

Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj het bevestig dat die kennisgewing ingedien is.

Maharaj het egter nie verdere besonderhede bekend gemaak nie.

Madikizela-Mandela se regsgverteenwoordiger, Mvuzo Notyes, het in Oktober die aansoek in die Mthatha Hooggeregshof ingedien waarin Mandela se boedel teengestaan word en sy die reg op sy Qunu-huis eis.

Sy voer aan dat die voormalige president moontlik skuldig was aan bedrog toe hy die grond in Qunu op sy eie naam geregistreer het.

Madikizela-Mandela voer aan dat die abaThembu koning, Buyelekhaya Dalindyebo die grond aan haar gegee het toe Madiba in die tronk was.

Die Xhosa-stamhoof wat onlangs die grootste DA-vergadering onder sy stamgenote gehou het, word deur die party as die “koning” van die Transkei voorgehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.