Groenewalds in Kaboel vermoor voor NAVO-skenkerskonferensie

Deel op

Die moord op die Suid-Afrikaners in Kaboel, Afghanistan, kom enkele dae voor ‘n NAVO-skenkersbyeenkoms in London.

Die nuwe president van die land, Asjraf Ghani, is pas aangewys in die plek van president Karzai en sal vandag na Brussel en Londen reis om samesprekinge met NAVO-amptenare te voer oor skenkings.

Afghanistan is ‘n dwelmuitvoerland. Dwelmuitvoere het dramaties gestyg sedert die VSA die land mbv NAVO aangeval het.

Bronne beweer dat Ghani omgekoop is deur die VSA is nadat hy intussen talle beperkings op NAVO-bedrywighede afgeskaf het.

Die New York Times het verlede week onthul dat Obama ‘n geheime bevel onderteken het om aanvalstroepe in Afghanistan te vermeerder in 2015.

Alhoewel daar beweer word dat die moorde ‘n geteikende selfmoord-bomaanval was, het die Kaboelse polisiehoof sy bedanking direk na die aanval ingedien.

Die 46-jarige Werner Groenewald, sy 17-jarige seun Jean-Pierre en 15-jarige dogter Rodé is Saterdag in die aanval dood.

Groenewald was deel van die Amerikaanse nie-regeringsorganisasie, Partnership in Academics and Development. Sy vrou, ‘n mediese dokter, het die aanval vrygespring.

Hannelie Groenewald het enkele jare gelede in ’n onderhoud met Beeld gesê hulle is die enigste voltallige Suid-Afrikaanse gesin in Kaboel.

Die aanval was ’n dag nadat Hannelie op haar Facebook-blad ’n liedjie aangehaal het: “Life as we know it is going to change soon.”

Die NG gemeente Moreletapark in Pretoria het in Sondag se erediens die familielede sterkte toegebid.

Volgens bronne het die drie ‘n grumoord gesterf gedurende die aanval wat drie uur geduur het. Die slagoffers het glo versmoor terwyl hulle doodgebloei het, het Media24 berig.

Amerikaanse nuusbronne het nie die nasionaliteit van die Groenewalds bekendgemaak nie.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.