Kabeldiefstal buite beheer

Koperdiefstal in Suid-Afrika het dramaties toegeneem en geen einde is in sig nie. Dit is reeds 43 persent hoër as die vorige jaar.

Die finansiële verlies weens koperdiefstal het volgens die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid in Oktober tot R13,2 miljoen gestyg.

In die vorige maand is R13 miljoen se kabels gesteel.

Volgens die Kamer se koperdiefstal-barometer is dit die vyfde agtereenvolgende maand wat diefstal toeneem.

Volgens die jongste syfers verteenwoordig dit ‘n stygende neiging wat in die kort en mediumtermyn kan voortduur.

Die Kamer sê die toename is terugslag vir die vordering wat van 2012 tot 2013 gemaak is om kabeldiefstal te bekamp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Riempies

    Padkaart asseblief Witbeer en koordinate ook.