Militante deur VSA gewaarsku om Korkie te skuif

Deel op

Nuus dat sogenaamde Al-Kaïda militante die Suid-Afrikaanse gyselaar Pierre Korkie verskuif het voor ‘n Amerikaanse klopjag, kom as geen verrassing nie.

Die VSA het die einste militante opgelei en befonds as deel van ‘n poging om ‘n “lente” van geweld en opstand in verskeie lande te ontketen, waaronder ook Sirië.

Die Suid-Afrikaner en twee ander gyselaars is inderhaas verskuif, ‘n paar uur vóór ‘n klopjag om hulle vry te laat.

Volgens die ministerie van Verdediging in Jemen is Pierre Korkie, ‘n Amerikaanse joernalis en ‘n Britse burger van die gyselaars wat steeds deur Al-Kaïda in Jemen aangehou word.

Die Jemense veiligheidsmagte het Dinsdag met die hulp van die Amerikaanse weermag ‘n klopjag op ‘n skuilplek van die terroriste in ‘n suidoostelike provinsie uitgevoer.

Agt gyselaars is vrygelaat. Die ministerie se webwerf sê Korkie en die twee ander gyselaars is egter sowat ses ure voor die klopjag verskuif, in ‘n duidelike aanduiding dat die militante deur die VSA gewaarsku is.

Korkie, ‘n onderwyser van Bloemfontein, is in Mei verlede jaar deur Al-Kaïda ontvoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.