Section 27 duik weer op teen Wouter Basson

Deel op

Die kardioloog en oorlogvoeringsdeskundige Wouter Basson het nooit enige aandadigheid aan “apartheidsmisdade” erken nie en moet geskrap word van die register vir mediese praktisyns.

Section 27 se direkteur Mark Heywood, wat ook intussen poog om alle Afrikaanse skole toe te maak, het weer opgeduik, dié keer met ‘n petisielys teen Basson.

Heywood was Woensdag in die getuiebank.

Die petisie is glo deur 230 gesondheidswerkers en 32 organisasies aan die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika in Pretoria voorgelê ter verswaring van Basson se straf. Dokters Sonder Grense is deel van die lys.

Die petisie lui: “Vir te lank het apartheidsagente met moord weggekom. Dit is tyd om dit nou te stop. Dr Basson het straffeloos opgetree en nooit enige verantwoordelikheid erken nie. ”

Basson is skuldig bevind aan onprofessionele gedrag deur die RGBSA.

Die petisionarisse meen dat die korrekte straf is om Basson te skrap van die mediese register. Hulle argumenteer dat Basson nooit om amnestie aansoek gedoen het nie, nooit om verskoning gevra het nie en geen respek vir die morele keuses toon wat van ‘n dokter verwag word nie.

“Enigiets minder sal ‘n bespotting van geregtigheid wees.”

Advokaat Sallie Joubert SC het gesê hy sou argumenteer dat Basson se optrede skandelike gedrag verteenwoordig en dat hy ‘n skande vir die mediese beroep is.

In 2002, is Basson vrygespreek deur die hooggeregshof in Pretoria van kriminele aanklagte voortspruitend uit sy optrede as hoof van Project Coast.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.