Diere vrek van honger op Mandela-plaas

Deel op

Karkasse van beeste wat al weke gelede weens honger en verwaarlosing gevrek het, het inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) op Nelson Mandela se plaas naby Qunu in die Oos-Kaap begroet.

Die plaas is reeds van alle natuurlike weiding gestroop en die diere moes aanvullende voer kry, het die NDBV se inspekteurs aan Media24 gesê.

Mandela was ironies genoeg ‘n ere-beskermheer van die NDBV, maar dit het blykbaar nie inslag gevind by die veewagters nie.

Volgens ’n amptenaar wat naamloos wou bly, is ’n groot trop beeste in ’n klein kampie aangehou, aangesien Madiba, volgens die veewagters op die plaas, geglo het die vee moet naby die huis wees as hy “wou huis toe kom”.

Die NDBV het met die eksekuteurs van Mandela se boedel gekontak om die onverkwiklike toestand van die mishandelde diere te probeer besleg.

’n Veearts, dr. Shaun Morris, het die vee en hul weiding geëvalueer, waarna hy ’n lys van aanbevelings opgestel het vir die eienaars.

Die aanbevelings sluit in ’n vermindering van die aantal diere en beter voeding.

Die NDBV sal die plaas volgende week weer besoek om te verseker dat die aanbevelings nagekom word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.