Zuma verwelkom Palestynse leier in ‘bevryde sone’

Deel op

Pres. Jacob Zuma het Woensdag pres. Mahmoed Abbas van Palestina op sy eerste staatsbesoek in Pretoria verwelkom.

Die president het Nelson Mandela aangehaal waar hy die Palestyne se vryheidstrewe met dié van Suid-Afrika verbind.

Zuma het Suid-Afrika se steun aan die Palestyne se onafhanklikheidstrewe toegesê: “Ons sal julle met elke tree bystaan, wat dit ookal verg.

“Julle het aangedui watter soort steun julle van ons vereis en ons sal ons belofte aan julle nakom.”

Zuma het na die verwoestende aanvalle deur Israel in Gasa verwys wat vyftig dae geduur het, meer as 2 000 Palestyne se dood veroorsaak het.

Talle burgerlikes en kinders was ook onder die slagoffers en noodsaaklike infrastruktuur en huisvesting is in die aanvalle vernietig.

Zuma het gesê dat die Palestyne voorheen slagoffers van sulke aggressie was.

Met die verenigde steun van die wêreldgemeenskap, wat duidelik by die Kaïro-skenkerskonferensie Oktober sigbaar was, het die Palestyne sterker uit die konflik getree, het Zuma gesê.

Zuma het gesê Suid-Afrika is dit eens met die wêreldgemeenskap in sy eis vir ’n tweestaat-oplossing.

Palestina en Israel moet vreedsame naasbestaan binne internasionaal erkende grense van Junie 1967 met Jerusalem as die hoofstad, nastreef het hy bygevoeg.

“Ons is vol vertroue dat die mense van Palestina hul oogmerke sal verwesenlik en dat die droom van ons inspirerende held, pres. Arafat van ’n vrye en onafhanklike Palestina, ’n werklikheid sal word,” het Zuma aan Abbas gesê.

Zuma het sy toespraak afgesluit deur Abbas te verwelkom in ‘n “bevryde sone”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.