Waarnemende SAL-hoof sê grade-fout is reggestel

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se waarnemende uitvoerende hoof, Nico Bezuidenhout, het sy stilswye verbreek ná bewerings dat hy soos sekere swart aanstellings oor sy akademiese kwalifikasies gelieg het.

Die SAL het vroeër die week toegegee dat sy jaarverslae vir 2011 en 2012 nie korrek was om aan te dui dat Bezuidenhout ‘n B Comm-graad in Vervoerekonomie en Bedryfsielkunde het en ook oor ‘n MBA beskik nie.

Dit is in 2013 reggestel. Bezuidenhout het nie sy tersiêre studies voltooi nie.

Bezuidenhout het gesê ook Mango-personeel en Mango se direksie waar hy in 2006 aangestel is, het nog altyd geweet dat hy het nie ‘n graad nie. Hy het niemand daaroor om die bos gelei nie.

Vroeër op Dinsdag, het die SAL se direksie in ‘n verklaring gesê dat hulle by hulle waarnemende hoof uitvoerende beampte (HUB) staan.

Bezuidenhout het aan die media gesê sy huidige personeel sowel as kollegas het nog altyd geweet dat hy nie ‘n graad het nie.

Bezuidenhout het op sy beurt gesê sy ervaring en bewese diensrekord is goeie plaasvervangers vir akademiese kwalifikasies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.