NSA se watertoevoer dalk afgesny

Deel op

‘n Wetmaker van die Amerikaanse deelstaat Utah wat bekommerd is oor die regering se spioenasie op sy burgers, bevraagteken die lewering van water aan die Nasionale Veiligheidsagentskap (NSA) se massiewe databergingsfasiliteit in Salt Lake City.

Die Republikeinse Party se Marc Roberts het gesê ernstige vrae word gevra oor geheimhouding waarin die sentrum bedryf word. Ver­skeie Utah-inwoners wat die wetgewende vergadering se sitting Woensdag toegespreek het, het hiermee saamgestem.

Gedurende die laaste sitting van die wetgewende vergadering het die wetgewers besluit om Roberts se mosie om die watertoevoer na die aanleg af te sny, tydelik terug te hou en dit in die tussentyd te bestudeer.

Pete Asdown, die stigter van die stad se aanlynbediener XMission, het na die NSA-sentrum as ’n klad op die staat en sy tegnologie-bedryf verwys.

Die wetmakers het gesê hulle oorweeg nie die sluiting van die aanleg van US$1,7 miljard nie, maar die voorsitter van die komitee erken die heersende kommer oor die kwessie. Hy voel ‘n ander manier om dit oor te dra, kan moontlik gevind word.

“Ons kan ’n sterk bood­skap oorweeg wat deur ons verteenwoordigers aan die kongres oorgedra kan word,” het die Republikeinse senator David Hinkins, gesê.

Die NSA se grootste databergingsentrum in VSA is in Utah gebou wat vir die doeleinde verkies is weens die beskikbaarheid van oop grond en die goedkoop elektrisiteit. Altesaam 37 ander plekke was ook oorweeg.
Die sentrum is geleë by die National Guard, die regering se militêre basis suid van Salt Lake City op die dorp Bluffdale.

NSA-amptenare sê die sentrum is die sleutel tot die beskerming van nasionale veiligheidsnetwerke en dit stel Amerikaanse owerhede in staat om teen kuberbedreigings te waak. Die agentskap het geen verdere besonderhede verskaf nie.

Die sentrum lok baie bespreking en kommer ná die onthullings van verlede jaar dat die NSA die telefoonrekords en digitale kommunikasie van miljoene mense gemonitor het waar dit deur die grootste internetdiensverskaffers geberg word.

Kuber-veiligheidskundiges het gesê die onopvallende Utah-aanleg is ’n reusebergingsplek vir oproepe, e-posse en aanlynrekords wat in die geheim ingesamel is

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.