Energie-oorlog in parlement raak warm

Deel op

Die DA sê die minister van energie, Tina Joematt-Petterson het die parlement mislei en moet geskors word hangende ‘n ondersoek.

Die DA se Lance Greyling sê Joematt-Petterson het verlede week ontken dat sy betrokke was by die aanstelling van die voorsitter van PetroSA, Tshepe Kgadima.

Hy sê sy het egter in ‘n brief aan die voorsitter van die Sentrale Energiefonds aanbeveel dat Kgadima aangestel word. Greyling sê hy sal later die week ‘n mosie in die verband indien.

Die Vryheidsfront Plus het vroeër gesê hy gaan die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela versoek om die aanstelling van Kgadima te ondersoek.

Die party sê dit volg na berigte dat die polisie ondersoek instel na bewerings van bedrog van miljoene rand teen Kgadima en die feit dat die maatskappy van kardinale belang is in die energiebedryf.

Pieter Mulder, leier van die VF+ het voorheen as adjunk-minister onder Joemat-Pettersson gedien.

Die VF Plus wil ook hê dat Madonsela die minister van energie, Tina Joemat-Pettersson se bande met Kgadima ondersoek.

Joemat-Pettersson is in die spervuur nadat sy ‘n multimiljardrand-kernkragooreenkoms met Rusland onderteken het.

Netwerk24 het “onthul” dat ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die jaarvergadering van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) in Wene, Oostenryk waar die ooreenkoms onderteken is nie die Russiese vergadering bygewoon het nie.

Suid-Afrika se minister van energie, het gesê die ooreenkoms met Rusland is die begin van die tenderfase van die projek en ander lande sal ook die geleentheid gegun word om hul aanbiedings te maak.

“Soortgelyke ooreenkomste sal met ander lande aangegaan word wat aangedui het hulle wil Suid-Afrika in dié program ondersteun,” het sy vroeër gesê.

Joemat-Pettersson het gesê ʼn afvaardiging sal binnekort besoek aflê aan Frankryk.

Die Russiese kernkorporasie Rosatom het aangekondig ‘n ooreenkoms om agt kernreaktors teen R559 miljard in Suid-Afrika te bou in Wene gesluit is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.